Modulekode | DFK 774 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Hierdie vierledige module het betrekking op die konstruksie van visuele narratief. Outobiografiese skryfkuns: Hierdie deel van die module ontwikkel kreatiewe skryfvaardighede deur die verkenning en weergee van persoonlike narratiewe. Die student ondersoek ook die beginsels van literêre teorie. Verhoogtekste: In hierdie deel maak die student kennis met beginsels van struktuur, verhaling, intrige, dialoog en karakterontwikkeling. Die student raak vertroud met die formaat en konvensies van die verhoogdrama, asook die taal van drama en optrede. Die student sal minstens een teks vir die verhoog skryf. Skryf vir televisie: Studente raak vertroud met die driebedryf-struktuur, storie, narratief, inhoud, intrige en genre (soos sepies en situasie-komedie). Van studente word verwag om voorbeeld te skryf van draaiboek vir reeds bestaande televisieprogram ("show script"), asook oorspronklike televisieteks. Skryf vir film: Die module stel die student bekend aan die taal en teorie van film. Studente sal na films kyk, draaiboeke lees en hulle eie kort filmteks skryf. Die module sluit ook die formaliteite in van die draaiboek, soos teksformaat en aanbieding ("pitching"). |
Modulekrediete | 45.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Drama |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App