Jaarboeke

Program: MPhil Toegepaste Teologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
06258001 Fakulteit Teologie
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 250

Programinligting

Die MPhil-program bied toegang tot nagraadse teologiese studie aan kandidate wat reeds oor ’n driejarige, nie-teologiese tersiêre kwalifikasie gelykstaande aan ’n baccalaureus beskik. Dit bied die geleentheid om opgelei te word in die toepassing van Teologie met die oog op sekere bedieningsterreine, die beroeps- of gemeenskapslewe.

Toelatingsvereistes

 'n Baccalaureusgraad of gelykstaande kwalifikasie.

 

 

Ander programspesifieke inligting

Eerste studiejaar

Een van die volgende leergangkeuses moet gekies word:

Leergangkeuse A: Al ses eerste inleidende modules van die onderskeie vakke in die drie vakgroepe word gekies.

Leergangkeuse B: Drie modules (waarvan twee eerste inleidende modules) word uit een vakgroep gekies, asook drie eerste inleidende modules uit die twee oorblywende vakgroepe.

Leergangkeuse C: Vier modules word uit een groep gekies, asook ’n eerste inleidende module uit elk van die twee oorblywende vakgroepe (ses modules in totaal)

Die vakgroepe, vakke en modules is soos volg:

• Bybelwetenskaplike Groep

Ou-Testamentiese Wetenskap

OTW 871:                          Inleiding in die Ou-Testamentiese wetenskap I

OTW 872:                          Inleiding in die Ou-Testamentiese wetenskap II

Nuwe-Testamentiese Wetenskap

NTW 871:                          Inleiding in Nuwe-Testamentiese wetenskap I

NTW 872:                          Inleiding in Nuwe-Testamentiese wetenskap II

• Histories-Sistematiese Groep

Dogmatiek en Christelike Etiek

DCE 871:                          Inleiding in die dogmatiek en Christelike etiek I

DCE 872:                          Inleiding in die dogmatiek en Christelike etiek II

Kerkgeskiedenis en Kerkreg

KGS 871:                           Inleiding in die kerkgeskiedenis en kerkreg I

KGS 872:                           Inleiding in die kerkgeskiedenis en kerkreg II

• Toegepaste Teologiegroep

Godsdiens- en Sendingwetenskap

GSW 871:                          Inleiding in godsdiens- en sendingwetenskap I

GSW 872:                          Inleiding in godsdiens- en sendingwetenskap II

Praktiese Teologie

PRT 871:                           Inleiding in die praktiese teologie I

PRT 872:                           Inleiding in die praktiese teologie II

(Elke module tel 20 krediete)

 

Tweede studiejaar

(aa) Ses van die volgende gespesialiseerde modules waarin teologiese kennis op ’n spesifieke terrein van kerklike bediening, beroeps- of gemeenskapslewe toegepas word, word gekies.

Reël: Slegs vakke waarvan die eerste inleidende modules in die eerste studiejaar afgehandel is, se modules mag gekies word.

Dit word volgens een van die volgende keuse-moontlikhede gedoen.

Leergangkeuse D: Al vier modules van dieselfde vak en twee modules van enige ander vak(ke) (behoudens die reël).

Leergangkeuse E: Drie modules van dieselfde vak en drie modules van ander vakke (behoudens die reël).

Leergangkeuse F: Twee modules van dieselfde vak en vier modules van ander vakke (behoudens die reël).

Vak

Modules

Dogmatiek en Christelike etiek

DCE 881, DCE 882, DCE 883, DCE 884

Godsdiens- en sendingwetenskap

GSW 881, GSW 882, GSW 883, GSW 884

Kerkgeskiedenis en kerkreg

KGS 881, KGS 882, KGS 883, KGS 884

Nuwe-Testamentiese wetenskap

NTW 881, NTW 882, NTW 883, NTW 884

Ou-Testamentiese wetenskap

OTW 881, OTW 882, OTW 883, OTW 884

Praktiese teologie

PRT 881, PRT 882, PRT 883, PRT 884

(bb) ’n Navorsingsverslag oor ’n teologiese onderwerp: TEO 867.

Leergangkeuse D: Die navorsingsverslag word in die vak geskryf waarvan vier modules gedoen word.

Leergangkeuse E: Die navorsingsverslag word geskryf in die vak waarvan drie modules gedoen word.

Leergangkeuse F: Die navorsingsverslag word geskryf in die vak waarvan twee modules gedoen word.

(Die navorsingsverslag tel 40 krediete.)

Nota: ’n Student wat beplan om die MPhil-graad met ’n MTh in ’n spesifieke vakgebied (bv Praktiese Teologie) op te volg, moet ten minste drie modules in die spesifieke vak kies én die navorsingsverslag in dieselfde vakgebied skryf.

Eksamens en slaagvereistes

Elke module word met ’n eksamen afgesluit.

Eksamenregulasies van toepassing op alle magistergrade in die fakulteit
'n Magistergraad word toegeken op grond van ’n eksamen óf 'n eksamen en 'n verhandeling óf 'n eksamen en 'n miniverhandeling óf 'n verhandeling. Eksamens kan skriftelik en/of mondeling afgeneem word. 'n Persentasiepunt word toegeken met dien verstande dat minstens 50% as slaagpunt beskou word en minstens 75% as slaag met lof.

Navorsing

 

 

Artikel vir publikasie
Tensy die Senaat op aanbeveling van die studieleier/promotor anders besluit, moet 'n student voor of gelyktydig met die indiening van die verhandeling ten minste een konsepartikel vir publikasie in 'n erkende akademiese joernaal, en, in die geval van ? proefskrif, 'n bewys uitgereik deur 'n geakkrediteerde joernaal dat 'n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien.
Die konsepartikel of die artikel wat ingedien is, na gelang van die geval, moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die verhandeling/proefskrif gedoen het en moet deur die studieleier/promotor goedgekeur wees, indien die studieleier/promotor nie 'n medeskrywer is nie.

Die studieleier/promotor sal verantwoordelik wees daarvoor om toe te sien dat die artikel deur die prosesse van hersiening en hervoorlegging gaan, soos nodig mag wees. Die toekenning van die graad kan onderhewig gestel word aan die nakoming van die voorskrifte van hierdie regulasie.

Slaag met lof

Die MPhil word met lof toegeken aan ’n student wat ten minste 75% in vier van die modules in die eerste jaar en ten minste 75% in die navorsingsverslag en vier van die modules in die tweede jaar behaal het.

Algemene inligting

Registrasie vir nagraadse programme

1. Gelyktydige registrasie vir 'n tweede nagraadse program
Geen student word toegelaat om vir meer as een nagraadse program gelyktydig in te skryf nie, behalwe waar 'n student se bewese prestasieprofiel dit regverdig en dan ook met goedkeuring van die Dekaan. Die voortsetting van studie in die tweede nagraadse program is onderhewig aan gunstige vorderingsverslae deur die hoofde van departemente in die Fakulteit Teologie. Geen student word toegelaat om tydens die eksamen in die Fakulteit Teologie, ook eksamen vir die tweede nagraadse program in 'n ander fakulteit af te lê nie.

2. Hernuwing van registrasie
Studente van die Universiteit word geregistreer vir een studiejaar. Na die verstryking van die akademiese jaar, moet die student, indien hy of sy 'n student van die Universiteit wil bly, sy of haar registrasie hernu en ten opsigte van so ’n hernuwing die gelde betaal wat voorgeskryf word.
'n Student wat vir 'n nagraadse studieprogram registreer moet ononderbroke geregistreer wees. Indien 'n nagraadse student sy/haar studie onderbreek, is die student by hernuwing van registrasie aanspreeklik vir die volle onderriggelde van toepassing op die graadprogram.
Indien 'n student ’n nagraadse program onderbreek, en dit word nie binne vier jaar na oorspronklike registrasie hervat nie, behou die student nie krediete verwerf nie. Die student moet die geslaagde modules herhaal.

'n Student vir ’n honneursgraad moet sy of haar studie binne twee jaar voltooi, met dien verstande dat die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, in buitengewone omstandighede 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk kan goedkeur.
Die magistergraad word slegs aan 'n student toegeken indien minstens een jaar verloop het nadat die kwalifikasies op grond waarvan toelating tot magisterstudie verkry is, verwerf is.
Die doktorsgraad word slegs aan 'n student toegeken indien minstens 12 maande verstryk het sedert registrasie vir die doktorsgraad aan die Universiteit, tensy 'n korter tydperk deur die dekaan goedgekeur word.

Behoudens ander fakulteitsregulasies moet 'n doktorale student sy of haar studies binne drie jaar na eerste registrasie vir die graad voltooi. In buitengewone omstandighede kan die dekaan op aanbeveling van die departementshoof, 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk goedkeur.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences