Jaarboeke

Program: BMaatskaplike Werk Maatskaplike Werk

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130143 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 675
Contact:
Prof LS Geyer
[email protected]
+27 (0)124202648

Programinligting

Die doel van hierdie geïntegreerde program is om professionele opleiding aan te bied ter voorbereiding vir ’n beroep in maatskaplike werk. Die teoretiese oplei­ding gaan hand aan hand met toepaslike praktiese inoefening van vaardighede.

 

Toelatingsvereistes

  •  Kandidate wat 'n TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  •  Om toelating te behou sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het maar 'n  TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
  • Aansoekers met 'n TPT van 30 maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie moet die NBT aflê.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
 

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

30

 

 

Programoorsig

 

 

Ander programspesifieke inligting

  • Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
  • Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ’n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules (sien Akademiese geletterdheid).
  • Studente word gekeur vir toelating tot tweedejaarsvlak. Die keuringsproses sluit in akademiese punte, psigometriese toetsing en ’n persoonlike onderhoud wat dieselfde gewig dra. ’n Keuringsproses is ook van toepassing op studente van ander universiteite wat aansoek doen om hulle maatskaplikewerk­studies by UP voort te sit. Inligting kan van die programkoördineerder verkry word.
  • Geen student sal toegelaat word om met modules van jaarvlak 4 te begin alvorens al die maatskaplikewerkmodules tot en met die derdejaarsvlak asook ten minste tagtig persent (80%) van die modules wat daarbenewens vir die program vereis word, suksesvol voltooi is nie.
  • Keusemodules: Kies modules uit die lys ter waarde van 140 krediete waarvan 80 krediete op jaarvlak 2 en 60 krediete op jaarvlak 3 moet wees. Een dissipline moet op jaarvlakke 1, 2 en 3 geneem word.

Let wel:

-    Indien Kriminologie tot op derdejaarsvlak gekies word (dit behels maw al die bogenoemde Kriminologie-modules), moet studente ook SLK 220 en SOC 220 neem.

-    Indien Sielkunde tot op derdejaarsvlak gekies word (dit behels maw al die bogenoemde Sielkunde-modules), moet studente ook KRM 210 en SOC 220 neem.

-    Indien Sosiologie tot op derdejaarsvlak gekies word (dit behels maw al die bogenoemde Sosiologie-modules), moet studente ook KRM 210 en SLK 220 neem.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences