Code | Faculty |
---|---|
07131151 | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 393 |
Prof LP Malan [email protected] | +27 (0)124202063 |
Die doel van hierdie pakket is om aan gekwalifiseerdes dieptekennis en begrip van hedendaagse wêreldpolitiek en verwante veranderinge te voorsien. Dit sal leerders in ’n beroepsituasie in sowel die openbare as privaat sektor in staat stel om op ’n innoverende en pro-aktiewe wyse op internasionale probleme en uitdagings te reageer.
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | Wiskunde 4 of Wiskundige Geletterdheid 4 | 4 | D | D | 28 |
Let wel: Die program word slegs in Engels aangebied. Studente kan nie toegelaat word tot ’n BCom-graad via ’n BAdmin indien hulle nie aan die toelatingsvereistes vir ’n BCom-graad voldoen nie.
Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlak-modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word, behalwe die modules wat slegs op 200- en 300-vlak aangebied word.
Op elke jaarvlak moet ten minste vier kwartaalmodules of twee semestermodules van die keusemodules uit ’n enkele vak kom. Aangesien krediete per module in alle fakulteite nie dieselfde is nie, kan die krediete vir die vereiste aantal keusemodules die waardes soos aangedui, oorskry.
Let wel: Raadpleeg die alfabetiese lys van modules vir die voorvereistes van alle modules.
(1) STL en IPL het nie modules op jaarvlak 1 nie, maar volg op PTO 111 en PTO 120.
(2) Hoogstens 24 krediete kan geneem word.
(3) Taalmodules ter waarde van hoogstens 64 krediete kan tot op jaarvlak 2 van die volgende modules geneem word:
- ’n Europese taal (vanuit Duits, Engels, Frans, Spaans) by UP of
- ’n Internasionale taal vanuit Arabies, Mandaryns of Russies by Unisa.
Raadpleeg die Fakulteit Geesteswetenskappe ten opsigte van krediete, voorvereistes en aanbieding van hierdie taalmodules.
Spesialiseringsmodules: IPL 310, 320
Hoofvak
Ten einde as "hoofvak" te kwalifiseer moet minstens die ekwivalent van vier 14- week-modules van ’n vak, insluitende twee op 300-vlak, geslaag word, met dien verstande dat die volgende modules, wat slegs op 300-vlak aangebied word, ook as "hoofvakke" geld:
Volgens Algemene Regulasie G.3 word spesifieke bevorderingsvoorwaardes gestel deur fakulteitsrade waaraan studente van die fakulteit moet voldoen.
Minimumvereistes vir baccalaureusgrade; semester- en jaarmodules; nuwe regulasies
Let wel: Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Die onus rus dus ten volle op studente om vóór registrasie seker te maak dat hulle leergange aan al die vereistes van die toepaslike regulasies voldoen.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App