Code | Faculty |
---|---|
10138003 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 520 |
Dr M de Beer [email protected] |
Studente wat voor 2015 vir die BArb-graadprogram geregistreer het, voltooi die graad volgens die toepaslike regulasies soos dit in die 2014-jaarboek gepubliseer is. Die gewysigde eerste jaar van studie sal vir die eerste keer in 2015 gevolg word, die tweede jaar van studie in 2016, die derde jaar van studie in 2017 en die vierde jaar van studie in 2018.
Die program duur vier akademiese jare, waartydens ’n student as student-arbeidsterapeut kliniese opleiding aan ’n inrigting ontvang wat deur die Universiteit goedgekeur is.
Studente moet ten minste 1 000 ure kliniese praktiese werk verrig oor die vier studiejare om by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as arbeidsterapeut te kan registreer.
Studente mag die eerste drie jaar oor vier jaar voltooi. In sulke gevalle word die keuse van modules vir die verskillende jare by aanvang van studie in oorleg met die departementshoof gedoen.
Minimum vereistes | ||||||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||||||
Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | ||||||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 30 |
Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel: Elke student in Arbeidsterapie moet onmiddellik na toelating tot die eerste studiejaar by die Registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aansoek doen om geregistreer te word as ’n student in Arbeidsterapie.
Belangrik: Die modules AIM 101 Akademiese-inligtingbestuur en AIM 101 en ELH 121 en 122 Academic English for Health Sciences moet voltooi word voor registrasie vir die vierde studiejaar.
Let wel:
Subminima
In modules waar ’n skriftelike sowel as ’n praktiese en/of kliniese eksamen afgeneem word, word ’n subminimum van 40% in sowel die skriftelike as die praktiese en/of kliniese gedeeltes van die eksamen vereis.
Eksamen na een semester
'n Finalejaarstudent wat een module druip, maar alle ander modules slaag, kan toegelaat word om aan die einde van die eerste semester van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in die betrokke module af te lê, na bevredigende bywoning van die vereiste lesings en kliniese werk tydens die eerste semester.
- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.
'n Student in die eerste studiejaar wat nie tot die tweede studiejaar bevorder word nie, word outomaties weer aan keuring onderwerp.
Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.
Om die BArb-graad met lof te verwerf, moet ’n student ’n gemiddelde van minstens 75% in die kernmodules in die finale studiejaar behaal.
Minimum krediete: 151
Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van algemene terminologie, embriologie, osteologie. Inleidende histologie behels sitologie, kern en seldeling, epitele, algemene bindweefsel en kraakbeen en been.Module-inhoud:
Anatomie van die aanhangskelet Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die spiere, bloedvate, senuweevoorsiening, limfdreinering en gewrigte van die boonste en onderste ledemate, asook die oppervlaksanatomie. Inleidende histologie behels spierweefsel, senuweeweefsel, bloed en hemopoïetiese weefsel.Module-inhoud:
Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die toraks met inhoud, abdomen met inhoud en bekken met inhoud (organe, vaskulêre stelsels, senuweevoorsiening, limfdreinering, spiere en gewrigte), asook die oppervlaksanatomie. Inleidende histologie behels die histologie van die longe, lewer en niere.Module-inhoud:
Anatomie van die kop en nek, asook neuro-anatomie Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die kop en nekgebiede, sintuie en die sentrale en perifere senuweestelsels (kraniaalsenuwees, outomone senuweestelsel), asook die oppervlaksanatomie.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Academic reading as well as academic writing and presentation skills, based on the approach followed in the healthcare sciences. *Presented to students in Health Sciences only.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Study of specific language skills required in the Health Care Sciences, including interviewing and report-writing skills. *Presented to students in Health Sciences only. (BCur, BDietetics, BOH, BOT, Brad, BPhysT)*
Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Introduction to physiological principles; neurophysiology, and muscle physiology.
Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Body fluids; haematology; cardiovascular physiology, lymphatic system, and body defence mechanisms.
Module-inhoud:
Teorie en praktiese inoefening van basiese noodsorg.Module-inhoud:
Die aanleer van ‘n basiese, medies-georiënteerde woordeskat saamgestel uit Latynse en Griekse stamvorme verbind met voor- en agtervoegsels afkomstig uit hierdie tale. Die wyse waarop die betekenisse van mediese terme bepaal word deur die ontleding van mediese terme in hul herkenbare betekenisdraende, samestellende dele word onderrig en ingeoefen. Die funksionele gebruik van mediese terme in konteks as praktiese uitkoms van terminologiese toepassing geniet deurlopend aandag.Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasiesModule-inhoud:
'n Algemene oriëntering tot die sielkunde. Inleiding tot verskillende teoretiese benaderings in en die ontwikkeling van die sielkunde as wetenskap word behandel. Geselekteerde temas uit die alledaagse lewe word bespreek en met sielkundige beginsels geïntegreer. Hierdie module fokus ook op sentrale persoonlikheidsteorieë. 'n Inleiding tot verskillende paradigmatiese benaderings in die sielkunde word gegee.
Module-inhoud:
Hierdie module is ‘n inleiding ten opsigte van ‘n basiese kennis en begrip van die biologiese basis van menslike gedrag. Die module behels die kernkonsepte en terminologie wat met die biologiese subsisteem verband hou, die reëls en beginsels onderliggend aan biologiese sielkunde en die identifisering van verwantskappe tussen verskillende biologiese sisteme en subsisteme. Verskillende kognitiewe prosesse word bestudeer insluitend persepsie, geheue, denke, intelligensie en kreatiwiteit. Verskeie denkprosesse, soos probleemoplossende, krities-analitiese en integrerende denke word geillustreer.Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.Module-inhoud:
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
Leadership and multidisciplinary team work. Healthcare systems and legislation. Determinants of health. Introduction to healthcare models (e.g. community-based care, family-centred care, etc.). Professionalism, Ethical principles. Management of diversity. NB: Only for School of Healthcare Sciences and Department of Speech-Language Pathology and Audiology students.
Module-inhoud:
Die teorie van aktiwiteitskunde. Toepassing van beginsels om skeppende vermoë te verbeter. Toepassing van beginsels in geselekteerde aktiwiteite om die deelname aan betekenisvolle aktiwiteit te bevorder.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
The study of occupational therapy roles, scope, domain, core knowledge and professional ethics. Includes the application of the process of occupational therapy intervention, tools of practice and theoretical frameworks.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Structure, gas exchange and secretory functions of the lungs; structure, excretory and non-urinary functions of the kidneys, acid-base balance, and skin and body temperature control. Practical work to complement the theory.
Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Nutrition, digestion and metabolism, hormonal control of body functions, and the reproductive systems. Practical work to complement the theory.
Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Special neuro and muscle physiology.
Module-inhoud:
In hierdie module word menslike ontwikkeling vanaf konsepsie tot adolessensie, asook volwassenheid aan die hand van verskillende teoretiese modelle bespreek. Dit sluit in ontwikkelingsveranderinge ten opsigte van kognitiewe, fisieke, emosionele en sosiale funksionering en die konteks van werk. Tradisionele en kontemporêre teorieë oor menslike ontwikkeling in hierdie fases word bestudeer ten einde die kernvraagstukke wat tydens die kinderjare en volwassenheid relevant is, te verstaan en verklaar.Module-inhoud:
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
Principles of project management. Communication principles. Leadership. Health promotion and education, advocacy and literacy. Counselling for health behaviour change. NB: Only for School of Healthcare Sciences and Speech- Language Pathology and Audiology students.
Module-inhoud:
Die teorie van aktiwiteitskunde. Toepassing van aktiwiteite op die gebied van aktiwiteite van die daaglikse lewe (ADL – ‘Activities of Daily Living’) en vryetyd, asook geselekteerde aktiwiteite om die deelname aan betekenisvolle aktiwiteit te bevorder.
Module-inhoud:
Sensories-motories versteurings: Die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie van die sensoriese- motoriese versteurings by alle ouderdomsgroepe. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde versteurings in.
Module-inhoud:
Geestesgesondheid en kognisie: Die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie in psigososiale versteurings en kognitiewe versteurings by alle ouderdomsgroepe. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde versteurings in.
Module-inhoud:
Neurologie: Die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie van neurologiese toestande by alle ouderdomsgroepe. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde toestande in.
Module-inhoud:
Biomeganika: Die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie van die toestande van die muskulo-skeletale stelsel by alle ouderdomsgroepe. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van sekere geselekteerde toestande in.
Minimum krediete: 129
Module-inhoud:
Algemene beginsels van patologie, insluitend nekrose, omkeerbare selbeskadiging, herstel en afwykings van groei, versteurings van die sirkulasie, akute en chroniese ontstekings, indeling van verspreiding van tumore en karsinogenese. Gerigte kursus in sistematiese patologie, met spesifieke verwysing na kardiovaskulêre stelsel, respiratoriese stelsel, lokomotorstelsel en neuropatologie.
Module-inhoud:
Navorsingskonsepte; navorsingsproses; navorsingsondersoek; beplanning en ontwikkeling van ’n literatuuroorsig; ontwikkeling van ’n navorsingsidee en navorsingsvraag; navorsings-beginsels in die ontwerp van ’n navorsingsvoorstel; skryf van ’n navorsingsvoorstel.
Module-inhoud:
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
Community needs assessment. Leadership in community development. Planning and implementation of collaborative community-based interventions. Application of principles of monitoring and evaluation. NB: Only for School of Healthcare Sciences and Department of Speech - Language Pathology and Audiology students.
Module-inhoud:
Die studie van die normale ontwikkeling en die effek van swak gesondheid en gestemdhede in die areas van spel, skool/opvoeding. Die wetenskap en toepassing van die beginsels van arbeidsterapie om deelname aan betekenisvolle aktiwiteit te bevorder, met die inagneming van persoonlike en omgewingskontekste. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde toestande in.
Module-inhoud:
Die studie van die effek van swak gesondheid en gestremdhede in die area van aktiwiteite van die daaglikse lewe (ADL). Die wetenskap en die toepassing van die beginsels van arbeidsterapie om deelname aan betekenisvolle bedrywighede te bevorder; die inagneming van persoonlike en omgewingskontekste, Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde toestande in.
Module-inhoud:
Die studie van die effek van swak gesondheid en gestremdhede in die werksarea. Die wetenskap en die toepassing van die beginsels van arbeidsterapie om deelname aan betekenisvolle aktiwiteit in die konteks van die Suid-Afrikaanse Gelykheidswetgewing vir Gestremdes te bevorder. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde toestande in.
Module-inhoud:
Voortgesette studie van arbeidsterapie vir pasiënte/kliënte met fisiese en neurologiese toestande. Fasilitering van aktiwiteitsoptrede deur die toepassing van ondersteuningstegnologie en aanpassings. Dit sluit terapeutiese apparaat, kontrole-koppelvlakke, prostese en die seleksie, ontwerp and vervaardiging van spalke in.
Module-inhoud:
Die toepassing van terapeutiese groepstegnieke, streshantering en interpersoonlike tegnieke in berading. Dit sluit die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie van psigiatriese versteurings in die kinderjare in.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Uitvoeringsproses om etiese goedkeuring te kry, data-insameling, data-analise, navorsings-verslagskrywing.
Module-inhoud:
Voortgesette studie in arbeidswetenskap met die klem op die aktiwiteitsareas. Integrasie en toepassing van kennis en vaardighede in ‘n gemeenskapsveldwerkinstansie, ‘n elektiewe beroepsrehabilitasie-veldwerkplasing in ‘n elektiewe pediatriese veldwerkplasing.Module-inhoud:
Beginsels vir die bestuur en administrasie van ? arbeidsterapie departement in die openbare sektor. Beginsels vir die instel en bestuur van ? privaat praktyk. Bestuur van hulppersoneel in arbeidsterapie. Bemarkingstrategieë in arbeidsterapie. Professionele etiek, waardes en verantwoordbaarheid. Etiese kode in arbeidsterapie.
Module-inhoud:
Voortgesette studie in arbeidswetenskap met die klem op die aktiwiteitsareas. Integrasie en toepassing van kennis en vaardighede in ‘n gemeenskapsveldwerkinstansie, ‘n elektiewe beroepsrehabilitasie-veldwerkplasing in ‘n elektiewe pediatriese veldwerkplasing.
Module-inhoud:
Voortgesette studie van arbeidsterapie vir pasiënte/kliënte met fisiese en neurologiese toestande. Integrasie en toepassing van kennis en vaardighede in die fisiese/neurologiese veldwerkplasings.
Module-inhoud:
Voortgesette studie van arbeidsterapie vir die gebruikers van geestesgesondheid. Integrasie en toepassing van kennis en vaardighede in ‘n geestesgesondheidveldwerkplasing.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App