Jaarboeke

Program: MA Afrikatale (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250443 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 200
Contact:
Prof E Taljard
[email protected]
+27 (0)124202494

Toelatingsvereistes

  • ’n Erkende honneursgraad in een van die Afrikatale met ’n gemiddelde van minstens 60% of in oorleg met die programbestuurder; of
  • ’n Erkende vierjarige baccalaureusgraad (of ander gelykwaardige tersiêre kwalifikasie – met goedkeuring van die Senaat) ter waarde van 480 krediete in ’n toepaslike dissipline met fokus op die Afrikatale.
Daar kan van voornemende studente verwag word om ’n toelatingsopstel as voorwaarde tot toelating voor te lê of om addisionele modules/opdragte te doen ten einde die vereiste vlak van studie te bereik.

Minimum krediete: 100

Kies vyf modules. 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Dialektologie van die Nguni- en Sothotale. Historiese ontwikkeling van dialektologiese teorie en praktyk: teoretiese perspektiewe op die dialektologie. Taalvariasie. Die verhouding tussen dialektologie en taalkunde. Bestudering van die linguistiese kenmerke van enkele Nguni- en Sothodialekte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verskillende teoretiese benaderings tot die analise van die drama in die Nguni- en Sothotale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kreatiewe skryfwerk in Afrikataal – isiNdebele, isiZulu, Sepedi of Setswana – vir studente met besondere belangstelling in die skryf van hul eie, oorspronklike, kreatiewe werke. Die module het ten doel om studente te lei en by te staan in die produksie van portfolio van kreatiewe skryfwerk van hoogstaande gehalte wat fiksie, drama, poësie, biografiese asook outobiografiese skryfwerk kan insluit. Daar sal van studente verwag word om aantal werkswinkels op die Hatfieldkampus by te woon.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die basiese konsepte van die leksikografie; tipologie van die woordeboek; struktuur van die leksikon; preskriptiewe vs deskriptiewe woordeboeke; behoeftebepaling; problematiese aspekte van lemmatisering; bou van korpusse; kruisverwysing as leksikografiese hulpmiddel; inleiding tot die vak leksikografie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die kernaspekte van menslike taaltegnologie in die leksikografie en natuurlike taalverwerking met fokus op die samestelling en manipulering van korpusse, bou en validering van spelkontroleerders en die gebruik, samestelling en gebruiksmonitering van papier-, elektroniese en internetwoordeboeke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gevorderde vertaalbeginsels en -praktyk. Toepassing deur studente van hul kennis van die gebruik van menslike taaltegnologie (MTT) in die vertaalpraktyk. Spesialisering in verskillende tipes vertaling soos onder andere tegniese vertaling, regsvertaling, literêre vertaling (prosa en/of poësie), administratiewe vertaling (diensprosa), vertaling van advertensies, ens. In oorlegpleging met die dosent, spesialiseer die student in een of meer van hierdie vertaalterreine, in enige twee tale aangebied deur die Taaldepartemente mits die spesifieke taalkombinasie in daardie spesifieke jaar geakkommodeer kan word. Waar moontlik word praktiserende vertalers wat in verskillende tipes vertaling spesialiseer, by die module betrek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Studente word ook sterk aanbeveel om voorgraadse modules uit die programme in politieke wetenskappe en internasionale studies programme vir niegraaddoeleindes te neem.
    Inleiding tot die tolpraktyk
    Hierdie eerstesemestermodule dien as inleiding tot die vaardighede wat vir mondelinge vertaling vereis word. Lesings is gerig op die teorie en praktyk van verskeie tolkingstegnieke, onder meer mondelinge samevattings, sigvertalings en herbewoording van mondelinge tekste en toesprake, asook die praktyk van liaison-tolking in professionele situasies. Afhangende van die studente se taalkeuses, wat bo en behalwe Engels enige taal/tale wat op MA-vlak aangebied word mag insluit, sal hulle vir sekere lesings in kleiner groepe opgedeel word. Na afloop van hierdie module sal studente ‘n mondelinge eksamen aflê om hulle bemeestering van hierdie tegnieke te toets.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studente wat die TRL 811 module geslaag het, mag in die tweede semester in tolking spesialiseer. Hierdie tweedesemestermodule is op die tegniek van professionele konsekutiewe tolking toegespits. Die module sluit beide gesamentlike lesings in Engels en praktiese groepsessies in, afhangende van die studente se taalkeuses. Mondelinge eksamen sal na afloop van hierdie module studente se bemeestering van hierdie tegniek toets.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Studente wat in tolking spesialiseer mag hierdie module neem indien hulle die module TRL 812 geslaag het.

    Lesings is op die teorie en praktyk van simultaantolking (konferensietolking) van mondelinge tekste en toesprake gerig. Hierdie tegniek word deur middel van verskeie oefeninge bemeester en praktiese oefeninge (in die student se gekose taalkombinasie) in die tolkingshokkie sluit die module af. Studente sal deur mondeling eksamen na afloop van die module geëvalueer word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is verpligtend vir studente wat beplan om in die miniverhandeling op vertaling te foukus.
    Studie van die belangrikste eienskappe van, en vergelyking tussen, verskillende vertaalmodelle, soos teksgeoriënteerde, funksionele, prosesgesentreerde en resepsiegebaseerde vertaalmodelle. Die verskuiwing vanaf voorskriftelike teorieë na deskriptiewe/beskrywende werkswyse binne die studieveld van vertaling. Korpus-gebaseerde vertaalkunde (corpus-based translation ctudies) (CTS): teorie en praktyk; die gebruik en toepassing van menslike taaltegnologie (MTT) in CTS.

    Sien meer

Minimum krediete: 100

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die miniverhandeling moet die resultaat wees van onafhanklike navorsing oor enige van die volgende onderwerpe: taalkunde (Afrikatale), letterkunde (Afrikatale), die onderrig van Afrikatale, vertaling, leksikografiese en/of terminologiese aspekte rakende die Afrikatale. Benewens die analise en interpretasie van navorsingsresultate, moet die miniverhandeling ook omvattende literatuurstudie en sintese van bestaande beskouinge rakende spesifieke onderwerp soos weerspieël in die literatuur, bevat. Lengte: 18 000–20 000 woorde.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences