Jaarboeke

Program: BSc (Binne-argitektuur) Binneargitektuur

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12132008 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 412
Contact:
Dr R Konigk
[email protected]
+27 (0)124202095
Prof BP Jekot
[email protected]
+27 (0)124204052

Programinligting

Binne-argitektuur is die kuns van en wetenskap oor die ontwerp van bepaalde aan-gewese ruimtes. Dit fokus op die behoeftes van die gebruiker en die harmonie tussen argitektoniese ruimtes en die detailontwerp van ruimtes en lewenstylprodukte.

Die gekwalifiseerde student sal oor die vermoë beskik om binne-argitektuur en produkontwerp uit te voer. Daar word spesifiek gefokus op die ontwerpproses, bou- en materiaaltegnologie, gebouklimaat, ergonomie, geskiedenis en visuele kommunikasie binne die interafhanklike konteks van die sosiale, ekonomiese, politiese en tegnologiese prosesse. Dit is belangrik dat die student oor die vermoë beskik om ruimtes drie-dimensioneel te kan visualiseer en probleme kreatief te kan oplos.

Studente word aangeraai om praktiese ondervinding op te doen deur tydens universiteits-vakansies in die kantoor van ’n argitek/binne-argitek werksaam te wees.

’n Gegradueerde wat as binne-ontwerper wil praktiseer, word aangeraai om aansoek te doen om toelating tot die honneursgraadprogram in Binne-argitektuur wat een jaar voltydse studie behels. Om ’n professionele binne-argitek te word, word ’n gegradueerde aangeraai om die MInt(Prof)-program te volg. Kandidate wat professionele binne-argitekte wil word, moet hierna aansoek doen om registrasie vir die BIntHons-graad (een jaar voltyds) en daarna vir die MInt(Prof)-graad (een jaar voltyds). ’n Kandidaat wat ’n interieur- en produkontwerper wil word, moet hierna vir die een jaar voltydse honneursgraadprogram in binne-argitektuur [BIntHons] registreer.

Toelatingsvereistes

Kandidate wat voor of in 2007 gematrikuleer het
 
Die volgende minimum vereistes is van toepassing: ’n Graad 12-sertifikaat met universiteitstoelating en ten minste 40% (E-simbool) vir Wiskunde en Natuur- en Skeikunde op Hoërgraad of ten minste 50% (D-simbool) vir dieselfde vakke op Standaardgraad. Die vereiste minimum M-telling vir Graad 12 is 18 punte.
 
Kandidate wat in 2008 of daarna gematrikuleer het
 
Die volgende minimum vereistes is van toepassing: ’n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes en ’n minimum Toelatingspunttelling (TPT) van 27; ’n prestasievlak van minstens 4 (ten minste 50%) vir Wiskunde en Fisiese Wetenskap; ’n minimum prestasievlak van 5 (ten minste 60%) vir óf Afrikaans óf Engels (as huistaal of eerste addisionele taal) en ’n prestasievlak van minstens 4 (ten minste 50%) vir Lewensoriëntering al word hierdie vak nie gebruik in die berekening van die TPT nie. Die TPT word bereken met twee taalvakke Wiskunde Fisiese Wetenskap en enige twee ander vakke buiten Lewensoriëntering.
 
Oorskakeling
 
Ingeskrewe studente in ander studieprogramme kan aansoek doen om na die Departement Argitektuur oor te skakel. Vir hierdie kandidate is die eerste keuringsrondte gebaseer op hulle Graad 12-uitslae (sien toelatingsvereistes) hulle akademiese rekords en gedetailleerde geskrewe motiverings waarin die redes vir oorskakeling duidelik uiteengesit word.
 
Studente wat tans by UP geregistreer is kan bogenoemde dokumente regstreeks by die Toelatingsbeampte Skool vir die Bou-omgewing indien. Studente wat by ander tersiêre instellings geregistreer is moet via die Kliëntedienssentrum aansoek doen. Let op die sluitingsdatum. Geen kandidaat sal toegelaat word om vir enige module te registreer voordat finale toelating op grond van keuring toegestaan is nie.
 
Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)
 
Die Departement Argitektuur vereis nie van alle aansoekers om die NBT (algemeen bekend as die Nasionale Normtoets) af te lê nie. In spesiale gevalle waar dit wel vereis word sal dié kandidate deur die Toelatingsbeampte in kennis gestel word van die reëlings. Kandidate wat ook by ander departemente en instellings aansoek wil doen word aangeraai om seker te maak of die toets wel elders vereis word.
 
Toelatingsvereistes
 
  •  Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram. 
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • ’n Geldige Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met toelating vir graadstudies word vereis.
  • Minimum vak- en prestasievereistes, soos hieronder uiteengesit, word vereis. Op eerstejaarsvlak het studente ? keuse tussen Afrikaans en Engels as taalmedium. In verskeie gevalle word lesings slegs in Engels aangebied, byvoorbeeld vir keusemodules waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie, of indien dit nie ekonomies of prakties regverdigbaar is nie.
  • Voorlopige toelating tot die vierjaarprogram in die Skool vir Ingenieurswese is alleenlik gewaarborg indien voornemende studente aan AL die vereistes hieronder voldoen.
 
Let wel
 
Kandidate wat nie aan die minimum vereistes soos hierbo uiteengesit voldoen nie, maar ‘n minimum TPT van 30, ‘n prestasievlak van 5 vir Afrikaans of Engels, 6 vir Wiskunde en 5 vir Fisiese Wetenskap behaal het, sal oorweeg word vir voorwaardelike toelating tot óf die vierjaarprogram óf die ENGAGE-program op grond van die uitslae van die verpligte NBT.
 
Toelating tot ENGAGE in die Skool vir Ingenieurswese sal bepaal word deur die uitslae van die NBT, die NSS en ? prestasievlak van 5 in Wiskunde en 4 in Fisiese Wetenskap, asook ? prestasievlak van 4 in Afrikaans of Engels, tesame met ? TPT van 25.
 
Studente mag direk aansoek doen om oorweeg te word vir die ENGAGE-program.
 
 
Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap TPT
NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C 4 3 D D 4 3 D D 27
 
 
  •  Sal slegs oorweeg word as eerste studiekeuse.
  •  Keuringsprogram: Keuring sluit 'n onderhoud in.

Praktiese vereiste

Ten minste een jaar van werk of reis word aanbeveel.

Belangrike datums
 
Die Universiteit van Pretoria se akademiese jaar begin in Januarie en eindig vroeg in Desember. Die jaar word in twee semesters (of vier kwartaalmodules) verdeel met kort resesse in April Julie en September. Studente word aangeraai om gedurende die resesse in praktyke te werk sodat hulle praktiese ervaring kan opdoen. Die universiteitskalender is aanlyn beskikbaar by www.up.ac.za/calendars.
 
1 Maart: Aansoeke vir toelating tot die volgende akademiese jaar open. Aansoeke word by die Kliëntedienssentrum ingehandig of kan aanlyn ingestuur word.
 
30 Junie: Laaste dag om alle voorgraadse aansoeke om toelating tot die Departement Argitektuur vir die volgende akademiese jaar in te dien. Hierdie afsnydatum geld ook vir alle aansoeke om oorskakeling.
 
Junie/Julie/Augustus/September: Departementele keuringstoetse word afgeneem op geskeduleerde Saterdae. Datums word outomaties toegeken en kan nie verskuif word nie.
 
Oktober-reses: 4 Oktober tot 12 Oktober 2015: Finale keuringsonderhoude vir kandidate op die kortlys.
 
31 Oktober: Keuringsuitslae is beskikbaar. Kandidate word skriftelik van die uitslae in kennis gestel.
 
30 November: Laaste dag waarop gekeurde studente hulle keuring kan bevestig en deposito’s kan betaal of reëlings vir betaling kan tref.

 

 

Addisionele vereistes

Let wel: Studente wat na ander programme in die Departement Argitektuur wil oorskakel, moet skriftelik toestemming verkry van die toelatingskomitee.

Ander programspesifieke inligting

Gelyktydige aanbieding

Tydens die derde studiejaar moet Ontwerp, Konstruksie, Ontwerp-kommunikasie, Omgewingsleer, Aardleer en Materiaal studies in dieselfde jaar geëksamineer word.

Toekenning van graad

Die graad word toegeken aan ’n student wat al die voorgeskrewe krediete vir die programmodules verwerf het.

Bevordering tot volgende studiejaar

’n Student word bevorder na die volgende studiejaar nadat die vereiste aantal modulekrediete van die vorige studiejaar verwerf is.

Die jaar van inskrywing van die student word deur die inskrywing van die jaar van Ontwerp bepaal.

Studente wat nie vir Ontwerp ingeskryf is nie se studiejaar word bepaal deur die hoogste Ontwerp-module wat die student verwerf het.

Let wel: Studente wat nie na die volgende studiejaar bevorder word nie, en wat vir modules in ’n opvolgende studiejaar wil registreer, moet die goedkeuring van die programkoördineerder en Departementshoof verkry. Studente moet om hertoelating tot die Departement Argitektuur aansoek doen in gevalle waar:

(i)   ’n student nie na die tweede studiejaar bevorder word nie;

(ii)  ’n student na herhaling van ’n studiejaar, nie na die daaropvolgende studie-jaar bevorder word nie.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat met eerste registrasie beide Ontwerp 303 en Konstruksie 320 met lof (75%) geslaag het mits die graad binne die minimum voorgeskrewe tydperk voltooi en alle ander finalejaarmodules met eerste registrasie geslaag is met geen hereksamens of spesiale eksamens nie.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences