Jaarboeke

Program: BIS Inligtingkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12131004 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 423
Contact:
Prof MA Holmner
[email protected]
+27 (0)124205215

Programinligting

In die huidige samelewing groei die hoeveelheid beskikbare inligting deurentyd met die gevolg dat ook inligtingbehoeftes verander en toeneem. Hierdie groei en verandering is van so 'n aard dat opgeleide inligtingtussengangers noodsaaklik geraak het. Daar bestaan dus 'n groot behoefte aan professioneel gekwalifiseerde persone wat as fasiliteerders kan optree tussen gebruikers en hul inligtingbehoeftes en die realiteit van die inligtingoorvloed.

Hierdie pakket is só ontwerp dat studente opgelei word in die bestuur, herwinning en organisering van inligting en dat hulle ook die vaardighede verwerf in waardetoevoeging tot inligting, asook die verpakking en verspreiding daarvan. Die fokus val voorts ook op die benutting van inligtingtegnologie en die verwerking van inligtingprodukte. Studente word dus die geleentheid gebied om vertroud te raak met inligting en kennis as belangrike hulpbronne in ondernemings en om vaardighede in die hantering en benutting daarvan te ontwikkel. Twee of drie spesialiseringsmoontlikhede is beskikbaar afhangende van die keusemodules wat gekies word.

Toelatingsvereistes

  •  Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram. 
  •  Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  •  Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • ’n Geldige Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met toelating vir graadstudies word vereis.
  • Minimum vak- en prestasievereistes, soos hieronder uiteengesit, word vereis. Op eerstejaarsvlak het studente ? keuse tussen Afrikaans en Engels as taalmedium. In verskeie gevalle word lesings slegs in Engels aangebied, byvoorbeeld vir keusemodules waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie, of indien dit nie ekonomies of prakties regverdigbaar is nie.
  • Voorlopige toelating tot die vierjaarprogram in die Skool vir Ingenieurswese is alleenlik gewaarborg indien voornemende studente aan AL die vereistes hieronder voldoen.
Let wel
 
Kandidate wat nie aan die minimum vereistes soos hierbo uiteengesit voldoen nie, maar ‘n minimum TPT van 30, ‘n prestasievlak van 5 vir Afrikaans of Engels, 6 vir Wiskunde en 5 vir Fisiese Wetenskap behaal het, sal oorweeg word vir voorwaardelike toelating tot óf die vierjaarprogram óf die ENGAGE-program op grond van die uitslae van die verpligte NBT.
 
Toelating tot ENGAGE in die Skool vir Ingenieurswese sal bepaal word deur die uitslae van die NBT, die NSS en ? prestasievlak van 5 in Wiskunde en 4 in Fisiese Wetenskap, asook ? prestasievlak van 4 in Afrikaans of Engels, tesame met ? TPT van 25.
 
Studente mag direk aansoek doen om oorweeg te word vir die ENGAGE-program.
 
 
Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Afrikaans of Engels TPT
NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
4 3 D D

28

(25-27

toelating 

gebasseer op die 

NBT)

Indien ’n kandidaat ’n TPT van 25 tot 27 behaal sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie. ’n Prestasievlak van 5 word vereis vir Wiskunde indien informatika gekies word as ’n keusemodule op eerstejaarsvlak.


 

 

Ander programspesifieke inligting

Krediete word nie in alle fakulteite dieselfde bereken nie; studente moet dus daarop let dat die totale aantal krediete vir die pakket steeds tot minstens 415-458 moet lei na gelang van watter keusemodules geneem word.

Let wel:

'n Kandidaat wat in die Graad 12-eksamen minstens 4 (50-59%) in Wiskunde behaal het, of minstens 50% in beide WTW 133 en WTW 143 word tot Informatika 112 toegelaat.

'n Kandidaat wat ten minste 5 (60-69%) in Wiskunde behaal het, of WTW 133 en WTW 143 geslaag het, sal toegelaat word tot Informatika, 154, 164 en 171.

Omdat krediete nie in alle fakulteite dieselfde bereken word nie, moet studente daarop let dat die totale aantal krediete vir Groep A ten minste 70 en vir Groepe B en C 90 moet wees.

Voorvereiste vir INF is ten minste vlak 5 (60-69%) in Wiskunde in die Graad 12 eksamen of WTW 101 of (WTW 133 en WTW 143) sowel as die modulevoorvereistes.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences