Jaarboeke

Program: Universiteitsdiploma Teologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
06120002 Fakulteit Teologie
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 376

Programinligting

Hierdie program bied algemene teologiese opleiding aan studente wat die Nasionale Senior Sertifikaat geslaag het vir Diplomastudies. Dit bied ’n basis vir eie-kerklike programme, vorming en praktiese opleiding met die oog op Woordbediening.

’n Vaste leergang word voorgeskryf.

Die program word slegs in Engels aangebied.

Die student wat vir hierdie program inskryf, moet sy of haar leergang aan die begin van elke akademiese jaar aan die Programkoördineerder vir goedkeuring voorlê.

Die diploma in Teologie bestaan uit dieselfde vakke as vir die twee graadprogramme in Teologie en studente wat goed presteer, kan moontlik tot nagraadse studie toegelaat word.

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating orweeg word: 'n kandidaat wat oor 'n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Gr12- sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; 'n kandidaat wat 'n gegradueerde van 'n ander tersiêre instelling is of die status van 'n gegradueerde van so 'n instelling geniet;en 'n kandidaat wat 'n gegradueerde van 'n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  •  Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.

 

Minimum vereistes vir 2017

Prestasievlak

Afrikaans of Engels

TPT

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

3

4

E

E

22

(20-21 toelating

op grond van

die NBT)

 

 

Ander programspesifieke inligting

Notas:

  • Die modules waarna verwys word, is semestermodules.
  • ALL 110 en ALL 120 moet gedurende die eerste studiejaar van die program afgehandel word as deel van die voorgeskrewe leerplan.
  • Rekenaargeletterdheid: Die volgende modules gedurende die eerste jaar van studie afgehandel word: AIM 111 en AIM 121.
  • Indien hierdie program aan ’n seminarie of kollege gevolg word (in navolging van ’n ooreenkoms tussen so ’n instelling en die Universiteit van Pretoria), word die semestermodules tydens dieselfde registrasieperiode aangebied.
  • Sekere modules is ’n voorvereiste vir latere modules.
  • Indien daar nie genoeg studente vir ’n module inskryf ten einde die aanbieding daarvan ekonomies te regverdig nie, kan die Dekaan besluit om so ’n module te onttrek. Studente sal betyds van so ’n besluit ingelig word, sodat hulle vir ’n ander module kan inskryf.
  • Die onderrigrooster moet in aanmerking geneem word.
  • ’n Student mag die getal modules per studiejaar met twee semestermodules of een jaarmodule oorskry, mits die Dekaan dit goedkeur.

Eksamens en slaagvereistes

Spesiale eksamens
Sien Algemene Regulasies G.12.4 en G.12.6.
’n Student wat aan al die vereistes vir die diploma voldoen het met uitsondering van hoogstens vier kwartaalmodules, twee semestermodules of een jaarmodule waarin hy of sy ’n gesamentlike syfer van minstens 40% behaal het, mag toegelaat word om aan die einde van die daaropvolgende semester ’n spesiale eksamen in die betrokke modules af te lê.

Bevordering tot volgende studiejaar

(i) Om tot die tweede studiejaar toegelaat te word, moet ’n student minstens 8 semestermodules slaag, tensy die Dekaan anders beslis.
(ii) Om tot die derde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in minstens 21 semestermodules slaag, tensy die Dekaan anders beslis.

Akademiese uitsluiting
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke fakulteitskomitee, ’n student akademies uitsluit deur die registrasie vir die bepaalde jaar of vir die volgende jaar te beëindig, indien hy of sy nie aan die gestelde minimum vereistes voldoen nie. U mag teen akademiese uitsluiting appelleer, maar dis wenslik om enige probleme so gou moontlik op te los. Raadpleeg u dosent sodra u probleme met u studies ondervind.

 

Slaag met lof

Die diploma word met lof aan ‘n student toegeken wat ten minste ‘n gemiddeld van 75% (GPA) in al die voorgeskrewe modules van die finale jaar behaal op voorwaarde dat nie een van die modules voorheen gedruip is nie en dat die program binne die voorgeskrewe minimum tydperk voltooi is.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences