Jaarboeke

Program: BA Regte

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130081 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 393
Contact:
Dr L Coetzee
[email protected]
+27 (0)124203481

Programinligting

Hierdie program voorsien graduandi met spesifieke kundigheid van die reg en regsverwante vaardighede en lei hulle op in geselekteerde taaldissiplines en geselekteerde sosiale wetenskappe. Die verworwe vaardighede kan toegepas word in óf die private óf publieke sektore. Die program dien as alternatiewe roete om uiteindelik ook die LLB-graad te verwerf. Die student is na voltooiing van die BA-graad geskik om voort te gaan met die LLB-graad (wat beroepsgerig is) of ’n BAHons-graad. Die BA/LLB-kombinasie sal vyf tot ses jaar neem om te voltooi.

Toelatingsvereistes

  •  Kandidate wat 'n TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  • Om toelating te behou sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
  • Aansoekers met 'n TPT van 30 maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie moet die NBT aflê.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.

 

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

30

 

 

 

 

Ander programspesifieke inligting

Ter kennnisname: BA (Regte)-studente wat van voorneme is om ook die LLB-graad te behaal, moet daarop let dat een van die vereistes vir die LLB-graad minstens 12 krediete uit die volgende lys van taalmodules is: AFR 110, AFR 120, AFR 114, ENG 118, ENG 110, ENG 120. BA (Regte)-studente wat nie aan hierdie vereiste voldoen tydens hul BA (Regte)-studie nie sal vir hierdie module(s) moet registreer wanneer hulle vir die LLB inskryf.

Let wel: Studente wat beplan om die LLB-graad na voltooiing van die BA (Regte)-graad te behaal, word aanbeveel om vir addisionele modules te registreer.

Neem egter kennis dat

  • registrasie vir addisionele modules net vanaf die tweede jaar van registrasie vir die BA (Regte)-program toegelaat sal word en onderhewig is aan akademiese prestasie;
  • studente toegelaat sal word om vir ’n maksimum van sewe modules per semester te registreer;
  • toestemming vir die registrasie vir addisionele regsmodules van die Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid verkry moet word.

BA (Regte)-studente wat vir addisionele regsmodules wil registreer, doen dit in terme van die Fakulteit Regsgeleerdheid se jaarboek van die akademiese jaar waarin hulle vir die eerste keer geregistreer het.

Let wel: Studente wat beoog om ’n LLB-graad na afloop van die BA-graad in die Regte te volg, word aangeraai om met die Studenteadministrasie van die Fakulteit Regsgeleerdheid in verbinding te tree vir advies oor welke addisionele modules reeds gedurende hulle voorgraadse studie gevolg kan word.

Die BA(Regte)-graad moet binne ’n maksimum van vyf jaar voltooi word. Versuim om dit te doen, kan lei tot uitsluiting van die Fakulteit Geesteswetenskappe.

NB Registrasie vir addisionele modules sal slegs toegelaat word indien dit geen roosterbotsings tot gevolg het nie.

Oorgangsmaatreëls

Hierdie oorgangsmaatreëls is van toepassing op studente wat reeds voor 2013 vir die BA (Regte)-graad geregistreer het.

 

Studente wat voor 2013 vir BA (Regte) geregistreer was, sal toegelaat word om vir die verpligte regsmodules soos uiteengesit in die betrokke (pre-2013) jaarboek te registreer. Toegang tot jaarboeke kan by die volgende webadres verkry word: http://web.up.ac.za/

 

Module uitstaande:

Registreer vir:

Somerskool

Januarie 2015

Klasbywoning in

2015

(indien nie geslaag gedurende Somer- skool nie)

FMR 110

FMR 110

     –

FMR 121*

FMR 120

FMR 120

     –

FMR 121*

MRT 220

MRT 220

MRT 220

PBL 200*

SRG 210

SRG 210

SRG 210

PBL 200*

SRG 220

SRG 220

SRG 220

PBL 200*

*Volledige oorgangsmaatreëls sal in die studiegidse van hierdie modules gepubliseer word.

Die aanbieding van Somer- en Winterskole hang af van die beskikbaarheid van fondse en dosente.

In terme van die Fakulteit Regsgeleerdheid se beleid ten opsigte van die Somer-/ Winterskool, mag ’n student vir ’n maksimum van twee regsmodules per Somer-/ Winterskool registreer.

Eerstejaar- BA (Regte)-studente wat minder as 60 krediete in 2012 behaal het en tweede- en derdejaar- BA (Regte)-studente wat minder as 80 krediete in 2013 en verder behaal, en nie akademies uitgesluit word nie, word vir die nuwe kurrikulum geregistreer in 2013 (eerstejaarstudente) en 2014 en verder (tweede- en derdejaarstudente) (Algemene Regulasie G.5.2.c gelees met paragraaf 2.5.10, 2012 Fakulteit Geesteswetenskappe jaarboek).

Eerstejaar- BA (Regte)-studente (2012) wat voorwaardelik deur die Appèlkomitee van die Senaat tot die Fakulteit Geesteswetenskappe hertoegelaat word, registreer vir die nuwe kurrikulum volgens die 2013-jaarboek (Reg 2.5.10 (a) Fakulteit Geesteswetenskappe).

Herhalers wat ’n relevante eerstejaarsregsmodule weer in 2013 gedruip het, moet vir die betrokke module soos in die tabel hierbo uiteengesit registreer, maar daar sal van hulle verwag word om die inhoud van die module te voltooi soos in die 2014-jaarboek uiteengesit.

Herhalers wat relevante tweedejaars- of derdejaarsregsmodules weer in 2014 druip, moet vir die betrokke module soos in die tabel hierbo uiteengesit registreer, maar daar sal van hulle verwag word om die inhoud van die module te voltooi soos in die 2015-jaarboek uiteengesit.

Die Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid het die diskresie om ’n billike en praktiese beslissing te fel waar ’n onverwagte situasie in die toepassing van die oorgangsmaatreëls ontstaan, of waar ’n spesifieke probleem nie uitdruklik in die oorgangsmaatreëls uiteen-gesit is nie.

BA (Regte)-studente wat vir addisionele regsmodules wil registreer, doen dit in terme van die Fakulteit Regsgeleerdheid se jaarboek van die akademiese jaar waarin hulle vir die eerste keer geregistreer het.

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences