Programinligting
Toelating tot hierdie graadprogram is aan keuring onderworpe; die program word slegs voltyds aangebied en studente is verplig om:
- ’n laboratoriumblok van 1 maand in Januarie by te woon;
- betrokke te raak by die toetsing van elite sportlui (SASKOK-program);
- deel te wees van die UP Trauma-eenheid wat verantwoordelik is vir noodhulpdiens tydens sportbyeenkomste;
- verplig om gedurende die week by ’n goedgekeurde sportakademie/klub as waarnemer te werk en betrokke te wees by afrigting en kondisioneringsprogramme;
- te alle tye geklee te wees in ’n goedgekeurde uniform tydens die noodhulpdiens;
- betrokke te wees by die toetsing van elite sportlui gedurende dienstye by die sportakademies/-klubs; en
- ’n finale mondelinge eksamen aan die einde van die akademiese jaar af te lê.
Toelatingsvereistes
- Baccalaureusgraad met Menslike Bewegingskunde as hoofvak of ’n baccalaureusgraad in Sportwetenskappe.
- Keuring geskied op grond van akademiese meriete soos weerspieël in die amptelike akademiese rekord van die student.
- Die eerste keuring vind plaas op grond van al die jare se uitslae in die Natuur-wetenskaplike vakke.
- Hoogstens 21 studente word jaarliks gekeur.
- Die departement behou die reg om minder as 21 studente te keur indien die akademiese prestasie van die aansoekers nie op standaard is nie. Die standaard word deur die keurkomitee bepaal.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App