Module-inhoud |
*Vir LLB (a) Die skripsie handel oor ’n onderwerp uit die regsgeleerdheid. (b) Die studieleier verwittig finalejaarstudente vooraf van die datum waarop die onderwerp van die skripsie vir goedkeuring aan hom/haar voorgelê moet word. (c) Die hoof van die departement waaronder die onderwerp ressorteer, of ’n dosent in sy departement deur hom aangewys, tree as leier en as eksaminator op, met dien verstande dat die hoof van die departement ’n eksterne eksaminator mag benoem indien hy/sy dit wenslik sou ag. (d) Twee getikte, gedupliseerde of gedrukte eksemplare van die skripsie, van minstens 8 000 en hoogstens 14 000 woorde (met 'n aanduiding van die hoeveelheid woorde op die laaste bladsy van die skripsie) moet ingedien word. Die indieningsdatum sal gekommunikeer word.
Elke dosent neem jaarliks ’n maksimum van 15 studente. Hierdie studente se onderwerpe moet verkieslik tematies verband hou. Alle ingeskrewe studente woon aan die begin van die jaar as groep een verpligte lesing by oor die benadering tot en skryf van ’n skripsie. Elke dosent reël dan een seminaar van twee uur lank met sy/haar groep studente waartydens studente die onderwerpe en basiese struktuur van hul skripsies voorlê.
Ná voltooiing van die skripsies, word een eksemplaar by die biblioteek ingedien en een by die betrokke studieleier. Die dosent reël dan ’n reeks verdere seminare, waar-tydens elke student sy of haar gevolgtrekkings voorhou en blootlê aan die groep se kritiese evaluasie. By hierdie geleenthede betrek die dosent ’n Fakulteitslid of ander deskundige.
Die evaluering geskied soos volg: Skriftelike dokument: 70% Deelname aan seminar: 30% Konsepskripsie: 10% |
Get Social With Us
Download the UP Mobile App