Jaarboeke

Orofasiale chirurgie 570


 
Modulekode OFC 570
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud (a) Chirurgiese anatomie: Toegepaste chirurgiese anatomie. (b) Ondersoek, verdowing, nood: Ondersoek van ’n chirurgiese pasiënt, spanningsbeheer en sedasie, lokale verdowers, lokaleverdowingstegnieke, toegepaste farmakologie en voorskrif (oorsigtelik), noodprosedures. (c) Basiese mondchirurgie: Sterilisasie en ontsmetting, mondchirurgiese armamentarium, eksodonsie en verwante komplikasies, bloedingsprobleme, antrum. (d) Gevorderde mondchirurgie: Apisektomie, impaksies, elektro- en kriochirurgie, sagteweefselinfeksies en osteomiëlitis, preprostodontiese chirurgie (oorsigtelik). (e) Basiese kaak- en gesigchirurgie: Traumatologie, chirurgiese patologie, gesigspyne, temporomandibulêre gewrigsafwykings. (f) Gevorderde kaak- en gesigchirurgie: Mikrochirurgie (oorsigtelik), ortognatiese chirurgie, gesplete gesigsdeformiteite, kraniofasiale chirurgie (oorsigtelik).
Modulekrediete 42.00
Voorvereistes TBW 470,ODO 470,MFP 470,PDL 470,DFA 470,OFC 470,PTK 470,GAP 470,TMZ 470
Kontaktyd 2 praktiese sessies per week, 1 besprekingsklas per week, 1 lesing per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Kaak-, Gesig- en Mondchirurgie
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences