Jaarboeke

Program: BScHons Toegepaste Wetenskap Chemiese Tegnologie

Code Faculty Duration Credits Download
12243004 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 128

Programinligting

Die BScHons (Toegepaste Wetenskap)-graad word deur die volgende akademiese departemente toegeken:

  • Bedryfs- en Sisteemingenieurswese
  • Chemiese Ingenieurswese
  • Materiaalkunde en Metallurgiese Ingenieurswese
  • Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese
  • Mynbou-ingenieurswese
  • Siviele Ingenieurswese

Enige spesifieke module word aangebied op voorwaarde dat ’n sekere minimum getal studente daarvoor inskryf, soos bepaal deur die departementshoof en die Dekaan. Raadpleeg die betrokke departementshoof oor die samestelling van ’n sinvolle nagraadse studieprogram, asook oor die leerplanne van die modules. Raadpleeg ook die betrokke departementele nagraadse brosjures.

Toelatingsvereistes

Die toelatingsvereiste is 'n toepaslike baccalaureusgraad, 'n BTech-graad of gelykwaardige kwalifikasie.

 

Ander programspesifieke inligting

’n Beperkte aantal toepaslike modules uit ander departemente word toegelaat. Nie alle modules wat gelys is, word elke jaar aangebied nie. Raadpleeg asseblief die departementele nagraadse brosjure.

Spesialisering in Prosestegnologie is moontlik deur SEKERE modules te registreer. (Let asseblief daarop dat ? kandidaat wat hierdie opsie kies nie toegelaat sal word om vir enige modules op 700-vlak te registreer voordat die modules van die eerste semester op 400-vlak suksesvol voltooi is nie.)

Die modules CPB 410, CBI 410, en CSS 420 vorm nie deel van die nagraadse blokaanbiedings nie. Individuele reëlings moet getref word met die betrokke dosent met betrekking tot die bywoning van lesings, studiemateriaal, toetse en opdragte.

Minimum krediete: 128

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share