Jaarboeke

Gemeenskapsielkunde 753


 
Modulekode SLK 753
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde).

*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.

Die fokus van hierdie module is op die aard van die gemeenskapsielkunde, teoretiese benaderings, gemeenskapsinstellings, konsultasie, intervensie en effektiewe programontwikkeling en -bestuur. Die beplanning, koördinering en fasilitering van werkswinkels word ook aangebied. Die module bestaan uit twee komponente:  ‘n teoretiese gedeelte wat as ‘n verwysingsraamwerk dien en kan help in die ontwikkeling van denke oor gemeenskapsprosesse en praktiese ervaring om sodoende gemeenskapskwessies aan te spreek. Die fokus hier is op behoeftebepaling, ontwerp, implementering en evaluering van intervensies, basiese berading en groepfasiliteringsvaardighede. Die praktiese komponent is gebaseer op gemeenskapsintervensies.

Modulekrediete 15.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 praktiese sessie per week, 1 lesing per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Sielkunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences