Jaarboeke

Praktiese onderwys 400


 
Modulekode PRO 400
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud ? is ‘n amptelike voltydse module waarvoor geen student enige vergoeding mag ontvang nie; ? vind vir twee skoolkwartale in skole plaas ( kwartaal 2 tydens semester 1 en kwartaal 3 tydens semester 2) en sluit ook oriënterings- en refleksietydperke op die kampus in; ? vereis dat finalejaarstudente in of ‘n Blok A of ‘n Blok B ingedeel word; ? vereis dat Blok A studente gedurende kwartaal 2 vir hulle gekontroleerde praktiese onderwys by skole in Pretoria geplaas en deur mentordosente (universiteitspersoneel) geasseseer word; ? vereis dat Blok B studente gedurende kwartaal 2, nadat Blok A studente geplaas is by die oorblywende beskikbare plekke by skole in Pretoria geplaas word, of hulle praktiese onderwys by skole buite Pretoria voltooi en deur mentoronderwysers en skole; ? vereis dat Blok B studente gedurende kwartaal 3 vir hulle gekontroleerde praktiese onderwys by skole in Pretoria geplaas en deur mentordosente (universiteitspersoneel) geassesseer word; ? vereis dat Blok A studente gedurende kwartaal 3, nadat Blok B studente geplaas is by die oorblywende beskikbare plekke by skole in Pretoria geplaas word, of hulle praktiese onderwys by skole buite Pretoria voltooi en deur mentoronderwysers en skole geassesseer word; ? volg ‘n mentorskapmodel wat vereis dat student deurgaans voltyds onder die toesig van ‘n gekwalifiseerde mentoronderwyser is; ? sluit die aanbied van leeraktiwiteite en deelname aan verwante skool- en gemeenskapsaktiwiteite, asook buitemuurseaktiwiteite in, en; ? vereis dat studente deurlopend deur skole en universiteitspersoneel (gekontroleerd) of skole (ongekontroleerd) geassesseer word.
Modulekrediete 60.00
Voorvereistes Kan slegs in die finalestudiejaar geneem word
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences