Jaarboeke

Swangerskap en neonatologie 382


 
Modulekode BOK 382
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud (a) Swangerskap (b) Neonatologie Die studie van normale fisiologie komplekse en patologiese toestande rakende swangerskap en geboorte. Daar word gebruik gemaak van verskillende leergeleenthede en -situasies, insluitend voorgeboorteklinieke, kraamsale en neonatale eenhede. Klem word geplaas op die verkryging van wetenskaplik gefundeerde inligting, asook die aanleer van belangrike praktiese en kliniese vaardighede. Die gedragswetenskappe figureer ook in die blok en die maatskaplike, gesins- en gemeenskapsverwante aspekte word aangespreek. (c) Groei en ontwikkeling (2 weke) Die studie van die unieke aspekte van die fisiese groei en neuro- ontwikkeling van ’n normale kind. Leergeleenthede word aan die student gebied om probleme rakende die groei en ontwikkeling te identifiseer, asook om kinders met abnormale groei en ontwikkeling te evalueer en te hanteer. Klem word geplaas op die voorkoming, evaluering en hantering, asook die effektiewe behandeling met besliste gevolg. Hierdie blok integreer met die vorige blok ten einde die student in staat te stel om die kontinuum van groei en neuro-ontwikkeling vanaf die voorgeboorte tot nageboorte milieu te verstaan.
Modulekrediete 55.00
Voorvereistes BOK 280,GNK 288,BOK 284,GPS 280,BOK 281,GNK 283,GNK 286,
Kontaktyd 12 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Obstetrie Ginekologie
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences