Jaarboeke

Program: MChD Mondpatologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10252030 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 5 jaar Totale krediete: 848

Toelatingsvereistes

Elke kandidaat moet vir toelating tot die MChD-graadprogram

  • in besit wees van die BChD-graad van die Universiteit van Pretoria, of ’n gelykwaardige kwalifikasie, of ingevolge die bepalings van Alg. Reg. G.1.3 en G.62 tot magisterstudie toegelaat word;
  • by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as ’n tandarts geregistreer wees in die kategorie Onafhanklike Praktykvoering.

Ander programspesifieke inligting

Koste of fooie vir enige eksamen(s) en registrasie by die Kolleges vir Geneeskunde van Suid-Afrika moet deur die student gedra word.

Eksamens en slaagvereistes

Eksamen in die basiese vakke
’n Student moet die basiese vak Molekulêre patologie (MPX 800) by die Universiteit van Pretoria slaag. Die basiese vak, Anatomiese patologie (ANP 808) sal deur die Kollege vir Patoloë as hul Deel I geëksamineer word.

Eksamen en evaluering in die hoofvak

  1. Die finale uitgangseksamen in die hoofvak (MPG 802) sal deur die Kollege vir Patoloë geadministreer word. Slegs kandidate wat aan al die vereistes vir die MChD-graad in Mondpatologie voldoen, met uitsondering van die hoofvak (finale eksamen), d.i. alle voorvereiste vakke is geslaag, alle toepaslike opleiding soos voorgeskryf, is voltooi (voortgesette evaluering van die kandidaat in ’n kliniese assistentpos wat deur die departementshoof van die kandidaat goedgekeur is); en die vereiste navorsingskomponent vir die graad is voltooi, sal toegelaat word om die Kollege-eksamen (uitgangs-eksamen) af te lê, waarna hulle beide die MChD en die FCP as spesialiskwalifikasies sal verwerf.
  2. Die student moet ’n verhandeling oor ’n goedgekeurde onderwerp wat met die hoofvak verband hou, voorlê en slaag en ’n manuskrip vir publikasie inhandig.

Vrystelling

Vrystelling op grond van vergelykbare opleiding en/of ervaring wat betref die vereistes van gemelde Regulasies vir die Skool, mag deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof verleen word, met dien verstande dat vrystelling van die eksamen en evaluering in die hoofvak nie verleen mag word nie.

Let wel: Die regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, soos gepubliseer in die Staatskoerant Nr. 4631 van 11 Januarie 1991 – Kennisgewing Nr. R.40 (soos gewysig), sal as maatstaf in die bepaling van die tydperk van vrystelling gebruik word.

Slaag met lof

'n Student wat ’n finale punt van minstens 75% met die eerste poging in die hoofvak behaal, verwerf die graad met lof.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences