Modulekode | MND 800 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Regsgeleerdheid |
Module-inhoud | (a) Die student moet ’n navorsingsvoorstel gedurende die eerste jaar van registrasie ten opsigte van die LLM-graad by sy/haar studieleier inhandig alvorens daar begin kan word met die skryf van die miniverhandeling. (b) ‘n Miniverhandeling (MND 800) moet bestaan uit 13 000 tot 15 000 woorde insluitend die voetnotas maar die inhoudsopgawe en die bibliografie uitgesluit. Die miniverhandeling moet by die promotor ingehandig word nie later nie as Augustus van die tweede jaar van registrasie vir die LLM-graad. Die miniverhandeling moet handel oor die vakinhoud van een of ‘n kombinasie van die LLM-modules waarvoor die student geregistreer is. ’n Versoek ten opsigte van die verlenging van die tydperk vir indiening van die miniverhandeling kan slegs deur die Dekaan verleen word, op aanbeveling van die LLM-komitee. |
Modulekrediete | 100.00 |
Programme |
LLM Arbeidsreg (Gedoseer)
LLM Bankreg (Gedoseer) LLM Boedelreg (Gedoseer) LLM Familiereg (Gedoseer) LLM Handelsreg (Gedoseer) LLM Insolvensiereg (Gedoseer) LLM Intellektuelegoederereg (Gedoseer) LLM Internasionale Lug-, Ruimte- en Telekommunikasiereg (Gedoseer) LLM Internasionale Reg (Gedoseer) LLM Kinderreg (Gedoseer) LLM Kontraktereg (Gedoseer) LLM Korporatiewe Reg (Gedoseer) LLM Multidissiplinêre Menseregte (Gedoseer) LLM Omgewingsreg (Gedoseer) LLM Ontginningsbedryfsreg in Afrika (Gedoseer) LLM Privaatreg (Gedoseer) LLM Prosesreg (Gedoseer) LLM Reg en Politieke Geregtigheid (Gedoseer) LLM Sosio-ekonomiese Regte (Gedoseer) LLM Staats- en Administratiefreg (Gedoseer) LLM Verbruikersbeskermingsreg (Gedoseer) MPhil Mediese Reg en Etiek (Gedoseer) MPhil Multidissiplinêre Menseregte (Gedoseer) MPhil Omgewingsreg (Gedoseer) MPhil Ontginningsbedryfsbeleid, -bestuur en -regulasie (Gedoseer) MPhil Reg en Politieke Geregtigheid (Gedoseer) |
Voorvereistes | RHP 801 en RHP 803 |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Departement | Regsgeleerdheid Dekaanskantoor |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App