Jaarboeke

Program: Nagr Diploma in Tandheelkunde Mondmikrobiologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
11220015 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word die BChD-graad of ‘n gelykwaardige kwalifikasie vereis.

Ander programspesifieke inligting

Kontaktyd
Die kontaktyd in die hoof-studierigting word deur die betrokke departementshoof bepaal en deur die Dekaan goedgekeur. Dit sluit sistematiese onderrig sowel as kliniese/praktiese werkopdragte in.

Eksamens en slaagvereistes

Die eksamen in die basiese vak en dié in die hoofstudierigting mag elke semester afgeneem word. Eksamen mag egter slegs in een vak per semester afgelê word. Ten einde toegelaat te word tot 'n eksamen in die hoofstudierigting moet die student die basiese vak slaag. 'n Finale punt van minstens 50% word vereis om te slaag.

Onderworpe aan uitsonderings goedgekeur deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, mag 'n student nie meer as twee keer 'n eksamen in dieselfde vak in die Nagraadse Diploma aflê nie.

Slaag met lof

'n Student wat minstens 75% behaal in beide die hoofstudierigting en die basiese vak, verwerf die diploma met lof.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences