Jaarboeke

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe


Welkom by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is een van die grootste fakulteite aan die Universiteit van Pretoria. Die Fakulteit strewe om sy posisie as toonaangewende instelling op ekonomiese, finansiële en bestuurwetenskaplike gebied uit te bou, deur voortdurend akademiese en navorsingsuitnemendheid te verbeter. Die Fakulteit verbind hom voorts tot die lewering van bevoegde, kreatiewe, verantwoordelike en produktiewe landsburgers – die ‘Denkleiers’ van die Universiteit van Pretoria en Suid-Afrika se toekomstige besigheidsleiers.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share