Modulekode | ODL 320 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | *Geslote – vereis departementele keuring Pediatriese oudiologie in terme van identifikasie, diagnose en intervensie. Vroeë-identifikasieprogramme in terme van die rasionaal, prosedures, protokolle, kwaliteitstandaarde en norme (benchmarks). Diagnostiese prosedures volgens die ontwikkelingsouderdomme, insluitende toepassing van elektrofisiologiese prosedures vir die evaluering van ouditiewe funksionering, gedragsobservasie-oudiometrie; visuelerespons-oudiometrie, en gekondisioneerde spel-oudiometrie. Beginsels van vroeë intervensie en die rol van die pediatriese oudioloog. Intervensie in terme van berading en die beginsels, stadia en uitdagings verbonde aan pediatriese gehoorapparaatpassing. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme | |
Voorvereistes | ODL 210; 220 en ODL 281 |
Kontaktyd | 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Dubbelmedium |
Akademiese organisasie | Spraak-Taalpatologie en Oudiol |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App