Modulekode | INY 730 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Hierdie module wat op die effektiewe kommunikasie van inligting fokus, neem die deelnemende benadering tot die kommunikasie van inligting as uitgangspunt. Ter inleiding sal die aard van inligting binne die konteks van inligtingkunde ondersoek word. Daarna sal kommunikasie-media geidentifiseer en bespreek word en studente sal leer hoe om ‘n teikengehoorprofiel saam te stel om die geskikte media en inhoud vir die verspreiding van inligting te bepaal. Inligting- en kommunikasie-tegnologieë (IKT) en die kommunikasie van inligting sal binne die konteks van geletterheid en mediageletterheid ondersoek word. Die kommunikasie van inligting sal ’n sentrale fokus van die module vorm. Gevolglik sal die rol van interpersoonlike, tradisionele sowel as moderne media aangespreek word. Die prosesse wat gevolg kan word om betekenisvolle en effektiewe boodkappe vir die kommunikasie van inligting te skep, sal ook bestudeer word. |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Engels |
Akademiese organisasie | Inligtingkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 of Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App