Jaarboeke

Program: BIT Inligtingtegnologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
02130082 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 683

Toelatingsvereistes

  • Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram
  •  Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente. • ’n Geldige Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met toelating vir graadstudies word vereis.
  • Minimum vak- en prestasievereistes, soos hieronder uiteengesit, word vereis. Op eerstejaarsvlak het studente ? keuse tussen Afrikaans en Engels as taalmedium. In verskeie gevalle word lesings slegs in Engels aangebied, byvoorbeeld vir keusemodules waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie, of indien dit nie ekonomies of prakties regverdigbaar is nie.
  • Voorlopige toelating tot die vierjaarprogram in die Skool vir Ingenieurswese is alleenlik gewaarborg indien voornemende studente aan AL die vereistes hieronder voldoen.

Let wel

 Kandidate wat nie aan die minimum vereistes soos hierbo uiteengesit voldoen nie, maar ‘n minimum TPT van 30, ‘n prestasievlak van 5 vir Afrikaans of Engels, 6 vir Wiskunde en 5 vir Fisiese Wetenskap behaal het, sal oorweeg word vir voorwaardelike toelating tot óf die vierjaarprogram óf die ENGAGE-program op grond van die uitslae van die verpligte NBT.

Toelating tot ENGAGE in die Skool vir Ingenieurswese sal bepaal word deur die uitslae van die NBT, die NSS en ? prestasievlak van 5 in Wiskunde en 4 in Fisiese Wetenskap, asook ? prestasievlak van 4 in Afrikaans of Engels, tesame met ? TPT van 25.

Studente mag direk aansoek doen om oorweeg te word vir die ENGAGE-program.

 
Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde TPT
NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C 5 3 C C

30

(26-29

toelating 

gebasseer op die 

NBT)

  •   Indien ’n kandidaat ’n TPT van 26 tot 29 behaal sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.

 

Ander programspesifieke inligting

Neem kennis dat ‘n student wat wil voortgaan met MSc(Rekenaarwetenskap) of MCom(Informatika) of MIS(Inligtingkunde) vier van die vyf honneursmodules uit die spesifieke department in hul vierde studiejaar moet neem.

Bevordering tot volgende studiejaar

Verwys ook na die G Regulasies.

(i)      ’n Student word na die volgende studiejaar bevorder nadat ondervermelde aantal krediete verwerf is:

•     Tweede studiejaar nadat minstens 70% van die eerste studiejaar se krediete verwerf is.

•     Derde studiejaar nadat minstens 70% van die tweede studiejaar se krediete verwerf is.

•     Vierde studiejaar nadat minstens 70% van die derde studiejaar se krediete verwerf is.

(ii)     Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences