Modulekode | HRA 805 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Regsgeleerdheid |
Module-inhoud | In hierdie module val die klem op die toepassing van menseregtebeginsels op geselekteerde kwessies wat verband hou met seksuele en seksualiteitsprobleme in Afrika, met die doel om response gegrond op menseregte op verwante hedendaagse probleme in die Afrikastreek te ontwikkel. Onderwerpe wat behandel word, sluit die volgende in: (a) Oorsig van relevante begrippe (b) Die grondslag van seksuele regte in internasionale menseregte-instrumente (c) Seksuele norme en genderstereotipes (d) Sekswerkers en menseregte (e) Seksuele dwang en misbruik (f) Seksueel oordraagbare infeksies, onder andere MIV, en regte wat verband hou met inligting en voorkoming (g) Die reg op omvattende seksuele opvoeding (h) Skadelike tradisionele gebruike wat seksuele regte skend (i) Die skakel tussen seksuele regte en reproduktiewe gesondheidsregte (j) Strategieë vir voorspraak vir seksuele regte |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 30 kontakure per semester |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Sentrum vir Menseregte |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App