Jaarboeke

Program: BAHons Literêre Teorie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240552 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof HS Willemse
[email protected]
+27 (0)124204320

Toelatingsvereistes

’n Driejarige baccalaureusgraad (of gelykstaande tersiêre kwalifikasie met senaatsgoedkeuring) met ten minste 70 krediete in ’n taal, literatuurwetenskap of taalverwante dissipline onderhewig aan die diskresie van die programbestuurder.

Minimum krediete: 120

LCC 732 (30 credits) and LCC 727 (20 credits) are compulsory.

Select another 3 or 4 Core modules to amount to a total of 120 credits.

If 3 Core modules are selected, 1 Elective module offered by another department must be included.If 4 Core modules are selected, no elective module can be included.

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    ’n Fokus op die nagevolge van die koloniale interaksie tussen die Weste en die nie-Weste, vanaf die sestiende eeu tot die huidige tydvak. Regstreekse en nie-regstreekse wyses waarop literêre tekste betrokke is in die diskoers oor die kolonie en die uitwerking van mag in sosiale en politieke praktyke.  Said en die “worldliness” van literêre tekste. (Post)koloniale identiteit. Bhabha en die “location of culture”, hibriditeit.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die tekste en praktyke van leidende Afrika kulturele, literêre, media, filosofiese, en sosiale bewegings word bespreek met verwysing na hul bydrae tot die ontwikkeling van Afrika-denke en kultuur. Figure soos Achebe, Biko, Cesaire, Garvey, Fanon, Mazrui, Rodney, Senghor, Mbembe, Ngugi wa Thiong’o en Soyinka sal in die module aan bespreek word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die plek, aard en funksie van die algemene literatuurwetenskap, navorsing (hermeneuties, empiries), toepassing, analise, interpretasie, evaluering en kanonisering; literêre sisteme (velde), capita selecta uit 20ste-eeuse perspektiewe op letterkunde en die bestudering van letterkunde; sleutelkwessies in die Algemene Literatuurwetenskap; primêre en sekondêre bronne.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die verhouding tussen nasionale letterkundes en die breër streeks- en wêreldletterkunde-raamwerke. “Distant Reading”. Kosmopolitanisme. Populêre letterkunde en topverkopers. Benaderings tot ’n verskeidenheid van literature (en kulture) in vertaling.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ’n Gevorderde konsentrasie op “Westerse” en “Suidelike” feminismes, queerteorie, gay- en lesbiese studies in literêre tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1 – Teoretiese basis: Die konsepte “wetenskap” en “navorsing”; die verhouding “teorie”, “navorsing”, “toepassing”; vorme van navorsing (oa deskriptiewe, empiriese, toegepaste); die navorsingsproses (van die navorsingsvoorstel tot die navorsingsverslag: identifikasie en formulering van die probleem, ontwikkeling van hipoteses, data insameling en -interpretasie, ens); die gebruik van die rekenaar in navorsing. Deel 2 – Toepassing: Beperkte navorsingsprojek waarin die beginsels van navorsingsmetodologie toegepas word. Kandidaat moet die onderwerp en formaat vir goedkeuring voorlê aan die departementshoof of sy verteenwoordiger.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ’n Keuse uit die volgende temas:
    Narrativiteit
    Narrativiteit vs. klassieke narratologie. Die interaksie tussen narratiewe en gehore. Emplotment. Gebeurtelikheid. Eventfulness. Tellability. Fictionality. Life and Narrative. Die funksie van narratief in die skepping van “sosiale geheue”, historiografiese metafiksie”; die bestudering van tekste (literêr en historiese) van verskillende tale en periodes.
    of
    (Outo) biografie in wêreldletterkunde
    Die geskiedenis van biografie en outobiografie; biografie en outobiografie en hul verhouding tot ander genres; teorieë oor subjektiwiteit en identiteit (die “self”), feit en fiksie, objektiwteit en representasie; die bestudering van tersaaklike tekste.
    of
    Mediagenreteorie
    Genreteorie soos toegepas op kultuur- en mediastudie. Die faktore wat bydra tot die vorming van mediagenres, die interne en eksterne aspekte sowel as die resepsie van mediaprodukte sal in hierdie module bespreek word.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    'n Studie van die Afrikaanse drama met toespitsing op die Afrikaanse toneel, radio, televisie en film. In oorleg met die studente word leerplan bestaande uit aantal oeuvre- en tematologiese studies saamgestel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voëlvlug oor die Afrikaanse poësie van voor 1900 tot vandag; sisteme, periodisering, kanon(s) en kanoniseringsmeganismes, (hedendaagse) benaderingswyses en leesstrategieë, tradisies, gesprekke, oeuvres; intensiewe bestudering van enkele oeuvres/digbundels en temas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die vak behels seleksies uit die Afrikaanse prosatradisie. In oorleg met die studente word leerplan bestaande uit aantal oeuvre- en tematologiese studies saamgestel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kulturele agtergrond van die Lae Lande; oorsig oor die Nederlandse en Vlaamse prosa en poësie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot Duitse literatuurstudie en die geskiedenis van Duitse literatuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Duitse letterkunde van die 18de en 19de eeu.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Duitse letterkunde van die 20ste en 21ste eeu.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Duitse letterkunde uit ’n Genderstudies-perspektief.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The module begins with a general introduction to literary approaches to African writing. Thereafter a selection of texts representing the three genres – poetry, drama and prose – is studied. You are encouraged to attend live performances of South African plays and to read current editions of local journals such as Contrast, English Academy Review, Staffrider, Current Writing, Pretexts and English in Africa for reviews and scholarly articles.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The module begins with a general introduction to literary approaches and concepts in African writing. Thereafter a selection of prose, drama and poetry from West, East and Central Africa is studied.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module provides and overview of the history and range of short story writing in South Africa and covers the work of individual writers such as Bosman, Smith, Head, Rive, Ndebele, Matthews, Essop, Wicomb and Vladislavic. Students are also encouraged to examine new work published in literary journals.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    A range of interest in children’s literature is represented in this module: children’s literature as a social formation, in education and in psychology. The module discusses literature for, by and about children, in different methodologies and modes.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module introduces the student to the reading and appreciation of Old and Middle English art forms in which the emphasis falls on aesthetic and moral issues, rather than on psychological ones. The module is an integrated one beginning with the study of the Old English epic, Beowulf, and includes Anglo-Saxon models as well as homiletic or heroic poems. The Middle Ages witness the reintroduction of English as the language of court, in preference to French, and the growth of narrative and lyrical poetry. Representations of both types of poetry are studied.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The module consists of a selection of Shakespeare's plays intended to give some idea of the scope and development of his work. Students will study history plays, comedies, tragedies and two of the so-called "problem plays".

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The English Renaissance spans the period of approximately 1560-1660. This is the period of great expansion in English literature. This module deals with the period from the Elizabethan Age to the early Restoration. It excludes Shakespeare, to whom a separate module is devoted, but deals with Shakespeare’s contemporaries. It further deals with the major poets of the periods and with some of the prose. The Puritan movement and some of its main figures are included.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    This module explores a range of works written between 1660 and 1760 and, in keeping with recent critical approaches to the period, emphasises the age’s exuberance, comic and satiric energy, and willingness to experiment with literary forms. Writers discussed include Pope, Johnson, Swift, Wycherley, Congreve and a selection of less well-known female poets and dramatists.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The modernist movement is examined in the context of contemporary developments in psychology, physics and anthropology, with an emphasis on the break with traditional literary and artistic conventions. Literary developments will be discussed in relation to seminal texts in poetry, prose and drama, including the work of Yeats, Eliot, Hardy, Lawrence, Joyce, Conrad and Beckett.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module will introduce students to certain key concepts in relation to postmodernism and postmodern literature. A wide range of texts will be studied. These may include works by British, American, Canadian and South African writers.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aard en funksionering van taal Taalfilosofie: opvattings oor die wese van taal.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die basiese kenmerke en struktuur van die verskillende literêre genres in isiNdebele: digkuns (tradisioneel en modern), kortverhale, novelles en dramas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die basiese kenmerke en struktuur van die verskillende literêre genres in Sepedi: digkuns (tradisioneel en modern), kortverhale, novelles en dramas. Inleiding tot die narratologiese perspektief as instrument vir literêre analise. Word slegs aangebied indien die aantal studente dit regverdig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module offers an introduction to Hispanic literature from Spain and Latin America. The module is conducted in Spanish and all reading and writing for the module is also done in Spanish.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die basiese kenmerke en struktuur van die verskillende literêre genres in Setswana: digkuns (tradisioneel en modern), kortverhale, novelles en dramas. Inleiding tot die narratologiese perspektief as instrument vir literêre analise. Word slegs aangebied indien die aantal studente dit regverdig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die basiese kenmerke en struktuur van die verskillende literêre genres in isiZulu: digkuns (tradisioneel en modern), kortverhale, novelles en dramas. Inleiding tot die narratologie as beskrywingsraamwerk. Medium van onderrig: isiZulu. Word slegs aangebied indien die aantal studente dit regverdig.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences