Code | Faculty |
---|---|
09240061 | Fakulteit Opvoedkunde |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 128 |
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasie kan 'n kandidaat toegelaat word indien hy/sy in besit is van een van die volgende kwalifikasies:
Die keuring is gebaseer op:
Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.
'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen.
'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering.
Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module.
Minimum krediete: 128
Module-inhoud:
Begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang. Ontwikkeling van ’n navorsingsvoorstel. Toepassing van kwantitatiewe en/of kwalitatiewe navorsingsmetodes. Skryf van ’n navorsingsverslag.
Module-inhoud:
Begeleide literatuurstudie, formulering van ? konseptuele raamwerk en ontwikkeling van ’n navorsingsvoorstel vir ? begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang.
Module-inhoud:
Metateorieë in die opvoedkunde. Empirisme. Rasionele empirisme, kritiese rasionalisme, kritiese teorie. Fenomenologie. Hermeneutika. Sisteemteorie. Filosofieë in opvoedkunde. Tradisionele filosofieë, inheemse (Afrika) filosofieë. Die invloed van modernisme en postmodernisme op die onderwys. Sosiologiese imperatiewe vir opvoeding. Teorieë van gemeenskapsverandering en rolle en waardes van opvoeding. Vergelykende perspektiewe op leerteorieë en die betekenis daarvan vir opvoeding.
Module-inhoud:
Beginsels en benaderings van kurrikulum-/programontwerp en -ontwikkeling. Internasionale en nasionale modelle en ontwikkelinge op hierdie terrein. Beginsels van uitkomsgebaseerde programontwerp binne die SAQA-konteks. Kurrikulumontwikkelingsmodelle en instrumente in aksie. Situasie-taakanalise en behoeftebepaling. Ontwikkeling. Disseminasie. Implementering as veranderingsproses. Assessering en evaluering.Module-inhoud:
Die aard van onderwyskundige navorsing: navorsingskonteks, wetenskap, navorsings-etiek, waarheid, rasionaliteit, subjektiwiteit en objektiwiteit. Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings, navorsingsontwerpe en data-insamelingstegnieke. Verskeidenheid benaderings in kwalitatiewe navorsing, insluitend: gevallestudies, historiese navorsing, etnografiese en aksienavorsing. Basiese konsepte en beginsels van kwantitatiewe navorsing. Statistiese tegnieke in die onderwysnavorsingsproses. Opnamemetodologie en vraelysontwerp. Klassifikasie en grafiese voorstelling van data. Beskrywende metings. Statistiese inferensie. Dataverwerkingsprosedures. Parametriese versus nieparametriese toetse. Enkele toetsstatistiek (bv. F-toetse, en T–toetse).
Module-inhoud:
Die doel van die module is om teoretiese en praktiese benaderings tot die bestuur van finansies en menslike hulpbronnebestuur binne die skoolomgewing te adresseer. Aspekte van begrotings, strategiese bestuur en batebeheer, seleksie van personeel, prestasiebestuur en kontinue professionele ontwikkeling is temas wat in die module aangespreek word. Onderwysers, lede van beheerliggame en persone wat in skolebestuur en leierskap betrokke is sal die module relevant vind.
Module-inhoud:
Inleiding tot onderwysbestuur – proses en modelle. Bestuur as funksie om effektiewe taakuitvoering in skole te verseker. Bestuur van die institusionele bestuursareas. Leierskap in onderwys. Skep van ‘n produktiewe interne onderwysomgewing.
Module-inhoud:
Die doel van die module is om studente met intellektuele, akademiese en geletterdheidsvaardighede in die gebiede van onderwysreg en -beleid toe te rus. Verder berei dit studente voor vir verdere studies in die velde en om hul professionele ontwikkeling in hul werkplekke te versterk. Die module is waardevol vir persone wat verdere studies in onderwysreg en -beleid wil onderneem en ook vir beleids- en regspraktisyns by skole en ander opvoedkundige omgewings.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App