Die Algemene Regulasies (G-regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Soos met ander regulasies, reëls en voorskrifte van die Universiteit, word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sal wees. Onkunde betreffende hierdie regulasies sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.
Woordbepaling
Vir doeleindes van hierdie Algemene Regulasies, en tensy dit uit die samehang anders blyk,
(i) behels “module” ook die volgende: semestermodule en jaarmodule; en
(ii) sluit “semesterpunt” ook die punt in wat toegeken/verwerf word vir 'n module wat oor sewe weke strek, aangesien die eksaminering daarvan gewoonlik aan die einde van die semester waarin dit aangebied word, geskied.
(iii) S = UP Statuut
(iv) G.S. = Gesamentlike Statuut van die Suid-Afrikaanse Universiteite
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App