Jaarboeke

Ontruiming van lesingsale/laboratoria

Tydens die ontruiming van ’n lesingsaal/laboratorium, hetsy gedurende oefeninge of in geval van werklike noodtoestande, staan die studente in die lesingsaal/laboratorium onder die direkte beheer van die betrokke dosent wat vir die ordelike ontruiming verantwoordelik is.

 Die suksesvolle uitvoering van ’n ontruiming is afhanklik van die volle samewerking van alle betrokkenes. Die volgende wenke is van groot belang:

  • Bly kalm en vermy paniek.
  • Beweeg flink maar moenie hardloop nie.
  • Moenie die hysbakke gebruik nie.
  • Verlaat die gebou deur die hooftrap of die brandtrap te gebruik.
  • Indien die ontsnaproete reeds deur rook gevul is, buk so laag moontlik aangesien meer vars lug op die laer vlakke beskikbaar is.
  • Vermy elektriese toerusting, skakelaars en oop drade.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share