Jaarboeke

Kleredrag

Daar word van die studente van die Universiteit van Pretoria verwag om te alle tye op die kampusse netjies en paslik gekleed te wees. Dekane mag voorskrifte vir studente in hul fakulteite neerlê.

Bepalings ten opsigte van die gebruik van die Universiteitswapen/logo en die dra van Universiteitskleure is vervat in die UP Korporatiewe Handelsmerkgids en regulasies wat die Studenteraad in hierdie verband mag neerlê. Rig navrae in hierdie verband aan die Departement Universiteitsbetrekkinge.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share