Jaarboeke

Universiteitsterreine en -geboue

  1. Die Universiteit behou die reg om persone en instansies toegang tot Universiteitsterreine en -geboue te verbied.
  2.     Toegang tot Universiteitsterreine is onder alle omstandighede onderhewig aan die bepalings van die Wet op Beheer van Toegang tot Openbare Persele en Voertuie, 1985 (Wet 53 van 1985).
  3. Toegang tot en parkering op Universiteitsterreine vind op eie risiko plaas. Die Universiteit aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige ongeval of skade wat deur enige persoon gely word as gevolg van die gebruik van die Universiteitsterreine of -geboue nie.
  4.   Die gebruik van Universiteitsterreine en -geboue is onderhewig aan die beleids- en prosedurevoorskrifte soos deur die Raad van die Universiteit neergelê.
  5.  Die klim van Universiteitsgeboue, die verkryging van toegang tot die dakke van enige van hierdie geboue sonder toestemming of enige ander ongeoorloofde handeling in verband daarmee, word verbied.
  6. ensy die Verkeersreglement uitdruklik die teendeel bepaal, is die verkeersreëls van toepassing op openbare paaie soos vervat in die Padverkeerswet, 1989 (Wet 29 van 1989), soos gewysig, ook op Universiteitsterreine van toepassing. Die volledige Verkeersreglement verskyn elders in hierdie publikasie.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences