Code | Faculty |
---|---|
02130010 | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 512 |
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||||||
Prestasievlak | ||||||||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | TPT | |||||||||
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 26 |
’n Keusemodule kan gekies word uit die modules COS 133, of MLB 133, of WST 133 in die eerste jaar, eerste semester.
’n Keusemodule kan gekies word uit COS143, of MLB143, of WST143 in die eerste jaar, tweede semester. Die keusemodules word bepaal deur die module wat in die eerste semester gekies was.
Met verwysing na die res van die derdesemestermodules (tweede jaar, eerste semester) en die tweede semester, moet voorgeskrewe modules uit die normale BSc-program van die student se keuse geselekteer word.
Voorgeskryf: CMY 133 Chemie, CMY 143 Chemie en CMY 154 Chemie: Ekwivalente module – ’n BSc eerstesemester- voorgeskrewe module: CMY 117.
Fisikamodules
Vir studente in biologiese studierigtings: PHY 133 Fisika, PHY 144 Fisika,
PHY 154 Fisika: Ekwivalente module PHY 131.
Vir studente wat Fisiese Wetenskappe en ingenieurswese wil doen: PHY 133 Fisika, PHY 143 Fisika en PHY 153 Fisika vir krediet vir FSK 116 (of FSK 176)
Vir alle ander studente: PHY 133 Fisika, PHY 143 Fisika en PHY 153 Fisika en PHY 163 Algemene fisika: Ekwivalente modules PHY 114 en PHY 124.
Voorgeskryf: WTW 133 Precalculus, WTW 143 Calculus en WTW 153 Calculus: Ekwivalente module – ’n BSc eerstesemester- voorgeskrewe module: WTW 114.
Vir studente in biologiese studierigtings: WTW 133 Precalculus, WTW 144 Wiskunde en WTW 154 Wiskunde: Ekwivalente module: WTW 134 Wiskunde
Voorgeskryf: MLB 133 Molekulêre en selbiologie, MLB 143 Molekulêre en selbiologie, MLB 153 Molekulêre en selbiologie: Ekwivalente module – ’n BSc eerstesemester- voorgeskrewe module: MLB 111 Molekulêre en selbiologie.
NB Studente mag slegs een keer vir ’n verlenge module registreer (bv PHY 133, PHY 143, PHY 153 en PHY 163).
Voorgeskrewe modules:
AIM 111 en AIM 121 Akademiese-inligtingbestuur 4 + 4 krediete.
LST 133 en LST 143 Akademiese geletterdheid, 8 + 8 krediete.
Alle nuwe studente moet vir die akademiesegeletterdheidsmodules (LST) registreer.
Die Dekaan kan, op aanbeveling van die programbestuurder, afwykings in die studieprogram goedkeur. Let wel: Waar keusemodules nie spesifiek aangedui word nie, kan enige van die modules wat in die alfabetiese lys van modules voorkom, gekies word. Die onus rus op die studente om voor registrasie seker te maak dat hulle aan die voorvereistes van die modules voldoen Voorvereistes word in die alfabeties modulelys gelys.
Akademiese bevorderingsvereistes
Dit word van studente wat vir die eerste jaar van die BSc (Vierjaarprogram) registreer is, verwag om alle voorgeskrewe modules van die eerste jaar van die program te slaag.
Dit word van studente wat vir die BSc (Vierjaarprogram) toegelaat is, verwag om 'n volledige ooreenstemmende BSc eerste jaar binne twee jaar van registrasie te voltooi.
Studente wat nie vordering tydens die eerste semester van die eerste jaar toon nie, sal na die toelatingskomitee van die Fakulteit verwys word.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App