Toelatingsvereistes
- Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram.
- Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspuntteling (TPT).
- Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente. Finale toelating is gebaseer op Graad 12-uitslae.
Minimum vereistes vir 2016 |
Prestasievlak |
Afrikaans of Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | TPT |
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level |
4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 24 |
NBT verpligtend
Addisionele vereistes
- Studente wat toegelaat word tot een van die BSc-Verlengde programme, registreer vir ’n spesifieke Vierjaarprogram. Drie verlengde programme word aangebied:
- BSc (Vierjaarprogram) – Wiskundige Wetenskappe
- BSc (Vierjaarprogram) – Biologiese en Landbouwetenskappe
- BSc (Vierjaarprogram) – Fisiese Wetenskappe
- Hierdie programme word gevolg deur studente wat as gevolg van besondere omstandighede by ’n verlengde studieprogram baat sal vind.
- Studente wat nie aan die normale toelatingsvereistes vir ’n driejaar BSc-graad in die Fakulteit Natuur-en Landbouwetenskappe voldoen nie, kan nogtans toelating verkry deur in een van die BSc-vierjaarprogramme geplaas te word. In algemene terme beteken die BSc (Vierjaarprogram) dat die eerste studiejaar in Wiskunde, Fisika, Biologie en Chemie verleng word en twee jaar duur. Na suksesvolle voltooiing van die BSc (Vierjaarprogram), skakel studente by die tweede jaar van een van die normale BSc-programme in tot voltooiing van die graad. Die moontlikheid om na een of twee jaar in die Vierjaarprogram na ’n ander fakulteit soos Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie, Veeartsenykunde of Gesondheidswetenskappe oor te skakel bestaan vir verdienstelike gevalle, onderhewig aan keuring en die bepaalde voorwaardes wat die ander fakulteite mag stel.
- Studente wat een van die Vierjaarprogramme wil volg, moet ’n Institusionele Vaardigheidstoets aflê en word deur ’n keurkomitee vir toelating oorweeg. Besonderhede is by die Kliëntedienssentrum beskikbaar.
- Aansoeke om toelating tot die BSc (Vierjaarprogram) word jaarliks voor 30 September ingedien. Besonderhede is by die Studenteadministrasie: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe beskikbaar.
- Reëls en regulasies van toepassing op die normale studieprogramme is mutatis mutandis van toepassing op die BSc (Vierjaarprogram), met die uitsonderings soos aangedui in die regulasies van die BSc (Vierjaarprogram). Onder andere moet studente in die Vierjaarprogramme oor ’n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes beskik.
- Aansoeke vir die Vierjaarprogramme word jaarliks deur ’n toelatingskomitee oorweeg. Studente wat aanvaar word vir studie in die Vierjaarprogramme word individueel, betreffende vakkeuses, deur die toelatingskomitee geplaas volgens hulle voornemende studierigting. Studente mag nie sonder toestemming van die Voorsitter van die toelatingskomitee hierdie plasing verander nie.
Ander programspesifieke inligting
Met verwysing na die res van die derdesemestermodules (tweede jaar, eerste semester) en die tweede semester, moet voorgeskrewe modules uit die normale BSc-program van jou keuse geselekteer word.
Die Dekaan kan, op aanbeveling van die programbestuurder, afwykings in die studieprogram goedkeur.
Let wel: Waar keusemodules nie spesifiek aangedui word nie, kan enige van die modules wat in die alfabetiese lys van modules voorkom, gekies word.
Die onus rus op die studente om voor registrasie seker te maak dat hulle aan die voorvereistes van die modules voldoen
Voorvereistes word in die alfabeties modulelys gelys.
Bevordering tot volgende studiejaar
Akademiese bevorderingsvereistes
Dit word van studente wat vir die eerste jaar van die BSc (Vierjaarprogram) registreer is, verwag om alle voorgeskrewe modules van die eerste jaar van die program te slaag.
Dit word van studente wat vir die BSc (Vierjaarprogram) toegelaat is, verwag om 'n volledige ooreenstemmende BSc eerste jaar binne twee jaar van registrasie te voltooi.
Studente wat nie vordering tydens die eerste semester van die eerste jaar toon nie, sal na die toelatingskomitee van die Fakulteit verwys word.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App