Jaarboeke

Program: BArb Arbeidsterapie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10138001 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 608
Contact:
Dr M de Beer
[email protected]

Programinligting

Studente wat voor 2015 vir die BArb-graadprogram geregistreer het, voltooi die graad volgens die toepaslike regulasies soos dit in die 2014-jaarboek gepubliseer is. Die gewysigde eerste jaar van studie sal vir die eerste keer in 2015 gevolg word, die tweede jaar van studie in 2016, die derde jaar van studie in 2017 en die vierde jaar van studie in 2018.

Die program duur vier akademiese jare, waartydens ’n student as student-arbeidsterapeut kliniese opleiding aan ’n inrigting ontvang wat deur die Universiteit goedgekeur is.

Studente moet ten minste 1 000 ure kliniese praktiese werk verrig oor die vier studiejare om by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as arbeidsterapeut te kan registreer.

Studente mag die eerste drie jaar oor vier jaar voltooi. In sulke gevalle word die keuse van modules vir die verskillende jare by aanvang van studie in oorleg met die departementshoof gedoen.

Toelatingsvereistes

  • Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie en aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • Toelating vir Gesondheidswetenskappe studieprogramme is onderhewig aan 'n keuringsproses.

 

 

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPT

Engels

Wiskunde

Fisiese Wetenskap

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

4

3

D

D

4

3

D

D

30

 

 

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel: Elke student in Arbeidsterapie moet onmiddellik na toelating tot die eerste studiejaar by die Registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aansoek doen om geregistreer te word as ’n student in Arbeidsterapie.

Ander programspesifieke inligting

Belangrik: Die modules AIM 101 Akademiese-inligtingbestuur en AIM 101 en ELH 121 en 122 Academic English for Health Sciences moet voltooi word voor registrasie vir die vierde studiejaar.

Let wel:

(i) Raadpleeg die Departement Fisiologie oor moontlike voorvereistes vir die betrokke modules.

(ii)   Studente wat voor 2015 vir die BOccTher-graadprogram geregistreer het, sal die graadprogram volgens die ou leergang voltooi.

(iii)  Studente wat in die bestaande leergang ‘n jaar druip, sal op ‘n individuele basis deur die Department Arbeidsterapie hanteer word.

(iv) Die totale krediete en regulasies vir die ou leergang verskyn in die 2014 jaarboek en is van toepassing op hierdie studente.

Eksamens en slaagvereistes

Subminima: In modules waar ’n skriftelike sowel as ’n praktiese en/of kliniese eksamen afgeneem word, word ’n subminimum van 40% in sowel die skriftelike as die praktiese en/of kliniese gedeeltes van die eksamen vereis.

'n Finalejaarstudent wat een module druip, maar alle ander modules slaag, kan toegelaat word om aan die einde van die eerste semester van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in die betrokke module af te lê, na bevredigende bywoning van die vereiste lesings en kliniese werk tydens die eerste semester.

  • Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies is daar geen minimum jaar- of semesterpunt wat benodig word om tot die eksamen toegelaat te word nie en kry alle geregistreerde studente outomaties toelating tot die eksamen.
  • Die finale punt vir 'n bepaalde module in Verpleegkunde, Fisioterapie, Radiografie, Arbeidsterapie en Mensvoeding (minstens 50% word vereis om te slaag) word bereken uit die eksamenpunt sowel as die punt saamgestel uit die evaluasie van 'n student tydens deurlopende, objektiewe en gekontroleerde assesserings-geleenthede gedurende die kwartaal/semester/jaar. Minstens een formele assessering per module word as die minimum norm in dié verband gestel, en studente sal deurgaans op ’n gereelde grondslag aan selfgerigte leeropdragte blootgestel word ten einde selfgerigte leer te bevorder.
  • In die geval van modules met praktiese komponente word vereis dat die studente aan al die toepaslike bywoningsvereistes met betrekking tot die bemeestering van praktiese vaardighede voldoen alvorens ’n slaagpunt vir die module verwerf word.
  • Daar is twee hoofeksamengeleenthede per jaar, die eerste en tweede eksamen. Ten opsigte van eerstesemestermodules is die eksamengeleentheid in Mei/Junie en die tweede eksamengeleentheid in Julie. Ten opsigte van tweedesemester-modules is die eerste eksamengeleentheid in Oktober/November en die tweede eksamengeleentheid in November/Desember van dieselfde jaar. In gevalle waar studente addisionele kliniese werkure moet voltooi om tot ’n tweede eksamen toegelaat te word, sal die departementshoof die tweede eksamengeleentheid bepaal.
  • Slegs twee eksamengeleenthede per module is toelaatbaar. Indien ’n student ’n module tydens die tweede eksamengeleentheid druip, moet die betrokke module herhaal word.
  • 'n Tweede eksamengeleentheid in ’n module word in die volgende gevalle aan studente verleen:

- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.

  • Studente wat weens bogemelde redes die tweede eksamen wil aflê, moet 24 uur na die uitslae ontvang is, registreer vir die tweede eksamengeleentheid.
  • Indien ’n student ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid gedruip het, word die eksamenpunt wat hy of sy tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal, as die finale punt verreken. Die punte wat met die deurlopende evaluering gedurende die kwartaal/semester/jaar verwerf word, word nie in berekening gebring nie. Indien die student die module tydens die tweede eksamengeleentheid slaag, word nie meer as 50% as slaagpunt in die betrokke module toegeken nie.
  • Indien ’n student as gevolg van siekte of buitengewone omstandighede nie aan die eksamen in ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid kon deelneem nie, word die deurlopende evalueringspunt, tesame met die eksamenpunt wat tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal is, as die finale punt in die module behaal, bereken.
  • Die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe pas die bepalings van die Algemene Regulasies toe. Daarvolgens mag ’n student wat ’n beperkte aantal modules uitstaande het ten einde aan graadvereistes te kan voldoen, kragtens fakulteitsregulasies tot ’n spesiale eksamen daarin toegelaat word.

Bevordering tot volgende studiejaar

'n Student in die eerste studiejaar wat nie tot die tweede studiejaar bevorder word nie, word outomaties weer aan keuring onderwerp.

  • 'n Student moet al die voorgeskrewe kernmodules van 'n spesifieke studiejaar slaag ten einde bevorder te kan word tot die daaropvolgende studiejaar. 'n Student kan slegs tot 'n volgende studiejaar bevorder word indien hy of sy nie meer as twee fundamentele modules van sewe weke elk per semester of een module van 14 weke per semester gedruip het nie. ’n Ononderhandelbare voorvereiste vir toelating tot die finale studiejaar is slaagpunte in al die kern- en fundamentele modules van die voorafgaande studiejare.
  • Raadpleeg die Jaarboek vir fundamentele modules in elke dissipline.
  • 'n Slaagpunt verwys na 'n finale punt van minstens 50%.
  • Modules met krediete vir praktiese werk en kliniese opleiding kan nie geslaag word nie, alvorens al die voorgeskrewe kliniese ure en praktiese aktiwiteite tot die bevrediging van die departementshoof voltooi is.
  • Die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering mag na beoordeling van die student se totale profiel, spesiale toestemming aan die student verleen/toestaan om tot 'n volgende studiejaar bevorder te word.
  • Die uitsondering is die Departement Mensvoeding, waar die regulasies van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ten opsigte van die modules deur daardie Fakulteit aangebied, van toepassing is.
  • Modules kan slegs vooruitgeneem of herhaal word indien dit in die bestaande eksamenrooster geakkommodeer kan word.
  • 'n Student wat 'n studiejaar herhaal, mag met die toestemming van die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering en die betrokke departementshoof, toegelaat word om fundamentele modules van die daaropvolgende jaar te neem, mits hy of sy aan die voorvereistes vir die betrokke modules voldoen. Geen aanpassing van bestaande roosters sal toegelaat word nie. Die volgende fundamentele modules is ter sprake:

Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.

  • Departement Fisioterapie: SOH 254; FSG 251, 252, 261, 262, SLK 210
  • ANP 210, GMB 252, 253, 254, FAR 381, 382
  • Departement Arbeidsterapie: ZUL 110; SEP 110; SLK 210, 220;
  • FSG 251, 252, 261, 262; ANP 210; RPD 481; GNK 286
  • Departement Mensvoeding:  FLG 211, 212, 221, 222;
  • BCM 251, 252, 261, 262; FAR 381, 382, VDS 322; VDB 321
  • Departement Radiografie:  FSG 251, 252, 262; GNK 286; ANP 210.

Slaag met lof

Om die BArb-graad met lof te verwerf, moet ’n student ’n gemiddelde van minstens 75% in die kernmodules in die finale studiejaar behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences