Jaarboeke

Program: BSportSci. BSportSci

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10135002 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 402
Contact:
Prof PS Wood
[email protected]
+27 (0)124206046

Programinligting

Hierdie voltydse driejaarprogram behels twee spesialiseringsopsies, naamlik Biokinetika en Sportwetenskap. Die eerste twee studiejare van die program bestaan uit ’n generiese kurrikulum wat deur al die BSportSci-studente gevolg word en sluit in basiese en toegepaste wetenskap van die menslike liggaam. Aan die einde van die tweede jaar vind keuring plaas op grond van akademiese meriete en studente sal verdeel in ’n spesifieke Sportwetenskap-kurrikulum of Biokinetika-kurrikulum tot en met die einde van hul derde jaar. Die eerste jaar van internskap van die Biokinetika-studente vind plaas gedurende die derde studiejaar. Daarna gaan Biokinetika-studente voort met die BScHons in Biokinetika asook hulle tweede jaar van internskap. Die vierjaar-Biokinetika-programstruktuur (3+1) is in ooreenstemming met die nuwe regulasies van die GBRSA wat betref biokinetikaopleiding wat al die universiteite wat hierdie program aanbied sal volg. Die Sportwetenskap-studente het die opsie om voort te gaan met die BScHons in Sportwetenskap, die NGSO of om te begin werk in die sportindustrie.

 

Toelatingsvereistes

Toelating berus op akademiese meriete en word bepaal met ? kombinasie van die toelatingspuntteling (TPT), die nasionale normtoets (National Benchmark Test – NBT) en die sakelys insake toegevoegde waarde (TWV). Vir finale keuring word sekere minimum prestasievlakke vereis (sien die minimum vereistes op bladsy 1). Vir kandidate wat nog op skool is, word die Graad 11-eindeksamenpunt as die basis vir voorlopige keuring gebruik. Eenhonderd (100) studente word volgens akademiese meriete vir die eerste studiejaar gekeur.

 
Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap of Lewenswetenskappe TPT
NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C 5 3 C C 5 3 C C 30
 

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences