Code | Faculty |
---|---|
11120013 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar |
Die program word geïntegreerd aangebied en beplan rondom een of meer van die tandheelkundige dissiplines of enige ander tema soos met die betrokke departementshoof(de) ooreengekom en deur die Dekaan goedgekeur.
Die program word slegs op ’n deeltydse basis aangebied met kontakure soos deur die betrokke departementshoof(de) bepaal.
Kandidate moet in besit wees van 'n Diploma in Mondhigiëne of Tandterapie of 'n gelykwaardige kwalifikasie en moet by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as mondhigiënis of tandterapeut geregistreer wees.
Die basiese vak word deur die departementshoof bepaal en deur die Dekaan goedgekeur.
(i) ’n Jaarpunt van minstens 50% word vereis om tot die eksamen toegelaat te word. ’n Subminimum van 50% word in die eksamen vir alle modules vereis met ’n finale punt van minstens 50% om te slaag. ’n Student wat een of meer van die modules druip, moet sodanige modules in die daaropvolgende semester herhaal en eksamen daarin aflê. In modules wat geslaag is, word slegs praktiese en kliniese werk vereis.
(ii) Die vereistes hierbo genoem geld ten opsigte van ’n student wat na herhaling van ’n semester weer van die modules druip.
Die diploma word met lof uitgereik aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in beide die hoofstudierigting en die basiese vak behaal.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App