Code | Faculty |
---|---|
10220161 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar |
Die program strek oor een akademiese jaar en word in vier blokke aangebied. (Die aantal blokke en duur kan na oorlegpleging tussen die dosente en studente aangepas word.)
Let wel: Aangesien die program elke tweede jaar aangebied word, moet die aanvang van studie in oorleg met die departementshoof uitgeklaar word.
- Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies is die BArb-graad of 'n gelykwaardige kwalifikasie of die BPhysT-graad of 'n gelykwaardige kwalifikasie asook registrasie as arbeidsterapeut/fisioterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika 'n vereiste.
(i) Slaagvereistes
In die geval van ’n skriftelike en mondelinge/praktiese eksamen word ’n subminimum van 50% in elk van die skriftelike en mondelinge/praktiese gedeeltes van die eksamen vereis, met ’n finale punt (deurlopende evalueringspunt en eksamenpunt) van minstens 50% om in die betrokke module te kan slaag.
(ii) Eksamentoelating
Voorafgaande tot die eksamen moet studente alle praktika bywoon en alle opdragte indien om toelating tot die eksamen te kry.
(iii) Tweede eksamengeleentheid
Die datum van aflegging van enige tweede ekamens wat verleen is, word in oorleg met die departementshoof gereël: Met dien verstande dat dit nie later as die volgende eksamenperiode sal plaasvind nie.
Die diploma word met lof uitgereik aan ’n student wat minstens 75% in (ADM) Gevorderde kliniese hantering in handterapie 701, en ’n gemiddelde van minstens 75% in die ander modules behaal het.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App