Code | Faculty |
---|---|
10256501 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 200 |
Die MPH-program bestaan uit die volgende drie komponente:
- Kernmodules
- Spoormodules (voorgeskrewe/verpligte en keusemodule)
- Miniverhandeling
Spoormodules (voorgeskrewe en elektief):
Die volgende areas is beskikbaar:
- Biostatistiek en epidemiologie – Monitering en evaluering
- Siektebeheer
- Siektebeheer – Veldepidemiologie en laboratoriumopleidingprogram
- Omgewings- en beroepsgesondheid
- Omgewings- en beroepsgesondheid – Beroepshigiëne
- Omgewings- en beroepsgesondheid – Lugvaart- en ruimtegeneeskunde
- Gesondheidsbeleid en -bestuur
- Gesondheidsbevordering
Inligting rakende die inhoud van elke spoor, is op aanvraag beskikbaar op die webbladsy van die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid, adres http://shsph.up.ac.za
Vir toelating tot studie vir die Magistergraad in Openbare Gesondheid (MPH) moet 'n kandidaat in besit wees van:
- ’n vierjarige baccalaureusgraad met minstens twee jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
- ’n honneursgraad; of
- ’n driejarige baccalaureusgraad met minstens vyf jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring.
Registrasie as 'n spesiale student in die Fakulteit met die oog op die slaag van 'n statuseksamen
Let wel:
Ingevolge die Senaatskriteria van die Universiteit, moet die aansoeke om toelating van alle sodanige kandidate, afgesien van enige Fakulteitskriteria, ook aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word.
Alle kandidate wat vir nagraadse studie aanvaar word, (MPH of die nagraadse diplomas) moet in besit wees van ’n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes.
Ander keuringskriteria
(Elk op ’n skaal van een tot vyf)
Let wel: Alle MMed-studente moet vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon.
Sien ook Algemene Regulasies.
(i) Eksaminering van modules
(aa) Elke module het sy individuele (eie) evaluering, wat uit meer as een evalueringswyse mag bestaan. ’n Minimum van 50% word vereis om te kan slaag.
(bb) Indien ’n student ’n module druip, maar minstens 40% tot 49% daarin behaal, moet sodanige student ’n tweede eksamen in die betrokke module aflê. Die student moet die nodige reëlings in dié verband met die dosent wat die module aanbied, in oorleg met die akademiese programkoördineerder, tref.
(cc) Indien ’n student ’n module druip, maar ’n punt behaal van minder as 40%, moet sodanige module volledig in die daaropvolgende jaar herhaal word.
(dd) Indien ’n student ’n kernmodule ná twee pogings steeds nie geslaag het nie, mag hy of sy nie met die MPH-program voortgaan nie.
(ee) ’n Verpligte module in die student se spoor mag slegs een keer herhaal word. Indien dit ná die tweede poging nog nie geslaag is nie, sal die student versoek word om van spoor te verander. Indien die student ná twee pogings in die tweede spoor nie slaag nie, mag hy of sy nie met die MPH-program voortgaan nie.
(ff) Indien ’n keusemodule ná twee pogings steeds gedruip word, moet die student ’n ander keusemodule kies.
(ii) Finale eksamens vir die MPH
(aa) Behalwe vir ’n opsomming van die totaal punte behaal vir modules, het die MPH-program ’n addisionele evaluering van die kursuswerk, wat bestaan uit twee omvattende eksamens. Die eksaminatore besluit of hierdie eksamens mondeling of skriftelik afgeneem sal word.
(bb) Die eerste eksamen sal na voltooing van al die voorgeskrewe kernmodules plaasvind, en dek basiese kennis in openbare gesondheid. Die eksamen bestaan uit twee vraestelle van twee uur elk. Vraestel I sal die materiaal wat gedurende kernmodules HME 870, DEG 870 en BOS 870 geleer is, dek. Vraestel II sal materiaal wat gedurende die oorblywende kernmodules, met die uitsondering van materiaal wat gedurende die module Weten-skaplike skryfmetodes 871 (HMS 871) geleer is, dek.
(cc) Die tweede eksamen vind aan die einde van die MPH-program plaas en omvat die modules wat geneem word as deel van ’n spesialisering of ’n fokusarea.
(dd) Die minimum slaagpunt vir elke eksamen is 50% en vir die eerste kerneksamen word ’n subminimum van 40% in elk van die twee vraestelle vereis. Die finale punt vir die eerste kerneksamen sal eenvoudig ’n gemiddelde van die persentasiepunte wees wat in elk van die twee konstituerende vraestelle behaal is. Indien ’n student een van die eksamens druip, word ’n tweede eksamen gedurende die volgende eksamentydperk vereis. Indien ’n student vir die tweede keer nie slaag nie, mag hy/sy nie met die MPH-program voortgaan nie.
(iii) Eksaminering van die miniverhandeling
Die miniverhandeling moet onafhanklik met minstens 50% geslaag word.
Miniverhandeling
(i) Die MPH-graad bestaan uit kursuswerk (70%) en ’n navorsingskomponent (30%). Die miniverhandeling behels 60 krediete (die ekwivalent van 600 veronderstelde leerure volgens SAQA-kriteria).
(ii) Die verwagte uitkoms van die miniverhandeling, is dat die student in staat sal wees om gesondheids- en gesondheidstelselsprobleme op ’n omvattende wyse te begin identifiseer en ondersoek, en om paslike intervensies te begin formuleer.
(iii) Die student se navorsingsprotokol word aan die hoof van die fokusarea vir goedkeuring voorgelê, vóór voorlegging aan die Gesondheidswetenskappe-navorsingsetiekkomitee.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n finale punt van minstens 75% in die miniverhandeling en ’n gemiddelde van minstens 75% in die kombinasie van kursuswerk en eksamens behaal het.
Gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App