Jaarboeke

Program: BA Musiek Musiek

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130072 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 373
Contact:
Prof AF Johnson
[email protected]
+27 (0)124202316

Programinligting

Die program het ten doel om studente musiekgeletterd te maak en hul praktiese musiek­maakvaardighede te ontwikkel. Verder leer hulle om baie fasette van die teorie en geskiedenis van musiek te verstaan en waardeer en word hulle as bekwame onder-wysers vir die klassituasie opgelei. Behalwe vir die musiekaspekte van hierdie program, registreer studente ook vir ander BA-modules waarin hulle die vereiste kennis, vaardig­hede en beskouings van daardie dissiplines verwerf.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarlikes (laat aansoeke op aanvraag).

Toelatingsvereistes

  •  Kandidate wat 'n TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  •  Om toelating te behou sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
  • Aansoekers met 'n TPT van 30 maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie moet die NBT aflê.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
 

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

26

 

 

 

Addisionele vereistes

Departementele keuring is 'n vereiste vir toelating tot hierdie studieprogram.

Toelating is onderhewig aan ’n onderhoud asook ’n toets in die student se instrument en indien nodig geag deur die departementshoof in skryfvaardighede. Verwagte standaard: Graad V-prakties (Unisa, Royal Schools, Trinity).

Ander programspesifieke inligting

  • Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, word vrygestel van VAG 110 en VAG 125.

    Let wel:

  • Sien die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe vir inligting rakende toepaslike voorvereistes.

  • Studente is verplig om die weeklikse voordragklas asook die tweeweeklikse semi­nare by te woon. Studente wat ’n orkesinstrument vir die module MPM bespeel, moet in die UP-simfonieorkes of ander ensembles speel soos deur die Departement bepaal – dit sal 10% van die eksamenpunt tel. Sien die volledige beskrywing van die MPM-modules in die jaarboek.

TAALGROEPE VIR KEUSES IN PROGRAMME

Let wel: U moet asb die alfabetiese modulelys raadpleeg vir volledige inligting rakende alle taalmodules soos hieronder gelys, aangesien sommige van hierdie modules spesifieke vereistes/voorvereistes het.

Modulegroep 1 – Afrikaans
Jaarvlak 1

• As moedertaal: AFR 110,120
• Vir sprekers van ander tale (ook vir sprekers van ander tale wat vir kwalifi­kasies in die regte en opvoedkunde ingeskryf is) AFR 114
• Vir studente in die regte (eerste taal): AFR 110 Nota: AFR 120 kan bykomend geneem word.
• Vir opvoedkundestudente: AFR 110,120 (moedertaal); AFR 114 (sprekers van ander tale)

Jaarvlak 2
• As eerste taal: AFR 214, AFR 210,220
• Vir opvoedkundestudente: AFR 214, AFR 220
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 210,220

Jaarvlak 3
• As eerste taal: AFR 311,321
• Vir opvoedkundestudente: Vrye keuse uit die modules met alfa­kodes AFR en LCC wat op jaarvlak 3 aangebied word.
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 312,320,322

Modulegroep 2 – Engels
Jaarvlak 1

• Vir spesiale doeleindes: ENG 118
• Vir akademiese doeleindes: ENG 110,120

Jaarvlak 2
ENG 210,220

Jaarvlak 3
• ENG 310,320
• ENG 311,322

Modulegroep 3 – Frans
Jaarvlak 1

• Vir beginners: FRN 104,181 (LLM studente)
• Kultureel-professioneel (vir student wat Frans in Graad 12 geslaag het): FRN 113,123

Jaarvlak 2
FRN 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: FRN 361,362,363,364

Modulegroep 4 – Duits
Jaarvlak 1

• For beginners: DTS 104
• Kultureel-professioneel (vir studente wat Duits in Graad 12 geslaag het): DTS 113,123

Jaarvlak 2
DTS 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: DTS 361,362,363,364

Modulegroep 5 – Grieks
Jaarvlak 1

GRK 110,120

Jaarvlak 2
GRK 210,220

Modulegroep 6 – Hebreeus
Jaarvlak 1

HEB 110,120

Jaarvlak 2
HEB 210,220

Modulegroep 7 – Latyn
Jaarvlak 1

LAT 110,120 (studente wat Latyn in Graad 12 geslaag het, kan direk met Latyn op jaarvlak 2 voortgaan.)

Jaarvlak 2
LAT 210,220

Jaarvlak 3
LAT 310,320

Modulegroep 8 – IsiNdebele
Jaarvlak 1

Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: NDE 110, AFT 121

Jaarvlak 2
NDE 210, AFT 220

Jaarvlak 3
NDE 310, AFT 320

Modulegroep 9 – IsiZulu
Jaarvlak 1

• Vir beginners: ZUL 110,120
• Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: ZUL 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat ZUL 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: ZUL 210,220
• Vir studente wat AFT 121, ZUL 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, ZUL 211

Jaarvlak 3
ZUL 310, AFT 320

Modulegroep 10 – Sepedi
Jaarvlak 1

• For beginners: SEP 110,120
• For speakers of Sepedi as home language or first or second additional language: SEP 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat SEP 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: SEP 210,220
• Vir studente wat AFT 121, SEP 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, SEP 211

Jaarvlak 3
SEP 310, AFT 320

Modulegroep 11 – Spaans
Jaarvlak 1
Vir beginners: SPN 101,102

Jaarvlak 2
SPN 211,221

Jaarvlak 3
SPN 311,321

Modulegroep 12 – Portugees
Jaarvlak 1
• Vir beginners: PTG 101
• Portugese taal en kultuur (vir studente wat Portugees in Gr 12 geslaag het): PTG 113,123

Jaarvlak 2
PTG 211,221

Jaarvlak 3
PTG 311,321

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf, moet ’n student ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% vir die modules op finalejaarsvlak behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences