Jaarboeke

Program: BA Geesteswetenskappe

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130001 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 362

Programinligting

Die program is gerig op ’n algemeen vormende opleiding in die geesteswetenskappe. Dit bied aan die student ’n breë akademiese basis met die oog op nagraadse studie en berei die student voor vir aktiewe betrokkenheid in ’n wye verskeidenheid beroepsvelde.

 

Toelatingsvereistes

• Kandidate wat ? TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie. 

• Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om ? TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het, maar ? TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. 

• Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word. 

• Aansoekers met ? TPT van 30, maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie, moet die NBT aflê. 

• Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.

 


Minimum vereistes vir 2016

           
           

Prestasievlak

           
           

TPT

           
           

Afrikaans of Engels

           
           

NSC/IEB

           
           

HIGCSE

           
           

AS-Level

           
           

A-Level

           
           

5

           
           

3

           
           

C

           
           

C

           
           

30

           
 

 

Ander programspesifieke inligting

Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ’n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules te neem (sien Akademiese geletterdheid).

Let wel: Studente wat Forensiese Argeologie as beroep wil volg, moet ANA 122, ANA 215 en ANA 315 by hul BA-graadprogram insluit en moet Argeologie as een van hul twee hoofvakke tot op derdejaarsvlak neem.

Let wel: Die volgende algemene voorskrifte geld vir die kombinering van dissiplines vir hierdie program:

  • Indien ’n dissipline (vak) nie 2 semestermodules (4 kwartaalmodules) per jaarvlak aanbied nie, moet studente die departementshoof van die betrokke dissipline raadpleeg oor moontlike aanvulling met ander tersaaklike modules.
  • Indien enige Taaldissipline (Taalvak) gekies word, moet die voorgeskrewe module­keuses wat in die taalgroepe en in die alfabetiese lys van modules aangedui word, in aanmerking geneem word.
  • Hierdie program maak ook voorsiening vir studente wat registreer vir Geesteswetenskappe Spesiaal (Verlengde program).
  • Krediete vir eerstejaarsmodules is op jaarvlak 1 [12 krediete] per semester, op jaarvlak 2 [20 krediete] per semester en op jaarvlak 3 [30 krediete] per semester, tensy anders vermeld.
  • Enkele dissiplines (vakke) uit ander fakulteite mag by die program ingesluit word maar die volgende beperking is van toepassing: slegs twee van die vier eerstejaars-vakke, een van die drie tweedejaarsvakke en een van die twee derdejaarsvakke mag uit ’n ander fakulteit gekies word. Die tersaaklike dissiplines uit ander fakulteite wat by die program ingesluit mag word, is die volgende:
    • Geografie ENV 101,301 GGY 156,166,252,266,356,361,366 GIS 221 WKD 164.
    • Inligtingkunde (INL)
    • Bybel- en godsdienskunde REL 110,120 [12 elk]
    • Ekonomie (EKN)
    • Opvoedkunde (OPV)
    • Publieke administrasie (PAD)
    • Statistiek (STK)
    • Wiskunde (WTW)
    • Raadpleeg die jaarboeke van die onderskeie fakulteite waar hierdie dissiplines aangebied word vir die kredietwaardes, aanbiedingsmodi en moontlike voorwaardes.
  • Ten einde met nagraadse studie in ’n bepaalde dissipline te kan voortgaan, moet ’n student 6 semestermodules of 12 kwartaalmodules oor die drie jaarvlakke in die betrokke dissipline voltooi het.
 

TAALGROEPE VIR KEUSES IN PROGRAMME

Let wel: U moet asb die alfabetiese modulelys raadpleeg vir volledige inligting rakende alle taalmodules soos hieronder gelys, aangesien sommige van hierdie modules spesifieke vereistes/voorvereistes het.

Modulegroep 1 – Afrikaans
Jaarvlak 1

• As moedertaal: AFR 110,120
• Vir sprekers van ander tale (ook vir sprekers van ander tale wat vir kwalifi­kasies in die regte en opvoedkunde ingeskryf is) AFR 114
• Vir studente in die regte (eerste taal): AFR 110 Nota: AFR 120 kan bykomend geneem word.
• Vir opvoedkundestudente: AFR 110,120 (moedertaal); AFR 114 (sprekers van ander tale)

Jaarvlak 2
• As eerste taal: AFR 214, AFR 210,220
• Vir opvoedkundestudente: AFR 214, AFR 220
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 210,220

Jaarvlak 3
• As eerste taal: AFR 311,321
• Vir opvoedkundestudente: Vrye keuse uit die modules met alfa­kodes AFR en LCC wat op jaarvlak 3 aangebied word.
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 312,320,322

Modulegroep 2 – Engels
Jaarvlak 1

• Vir spesiale doeleindes: ENG 118
• Vir akademiese doeleindes: ENG 110,120

Jaarvlak 2
ENG 210,220

Jaarvlak 3
• ENG 310,320
• ENG 311,322

Modulegroep 3 – Frans
Jaarvlak 1

• Vir beginners: FRN 104,181 (LLM studente)
• Kultureel-professioneel (vir student wat Frans in Graad 12 geslaag het): FRN 113,123

Jaarvlak 2
FRN 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: FRN 361,362,363,364

Modulegroep 4 – Duits
Jaarvlak 1

• For beginners: DTS 104
• Kultureel-professioneel (vir studente wat Duits in Graad 12 geslaag het): DTS 113,123

Jaarvlak 2
DTS 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: DTS 361,362,363,364

Modulegroep 5 – Grieks
Jaarvlak 1

GRK 110,120

Jaarvlak 2
GRK 210,220

Modulegroep 6 – Hebreeus
Jaarvlak 1

HEB 110,120

Jaarvlak 2
HEB 210,220

Modulegroep 7 – Latyn
Jaarvlak 1

LAT 110,120 (studente wat Latyn in Graad 12 geslaag het, kan direk met Latyn op jaarvlak 2 voortgaan.)

Jaarvlak 2
LAT 210,220

Jaarvlak 3
LAT 310,320

Modulegroep 8 – IsiNdebele
Jaarvlak 1

Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: NDE 110, AFT 121

Jaarvlak 2
NDE 210, AFT 220

Jaarvlak 3
NDE 310, AFT 320

Modulegroep 9 – IsiZulu
Jaarvlak 1

• Vir beginners: ZUL 110,120
• Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: ZUL 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat ZUL 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: ZUL 210,220
• Vir studente wat AFT 121, ZUL 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, ZUL 211

Jaarvlak 3
ZUL 310, AFT 320

Modulegroep 10 – Sepedi
Jaarvlak 1

• For beginners: SEP 110,120
• For speakers of Sepedi as home language or first or second additional language: SEP 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat SEP 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: SEP 210,220
• Vir studente wat AFT 121, SEP 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, SEP 211

Jaarvlak 3
SEP 310, AFT 320

Modulegroep 11 – Spaans
Jaarvlak 1
Vir beginners: SPN 101,102

Jaarvlak 2
SPN 211,221

Jaarvlak 3
SPN 311,321

Modulegroep 12 – Portugees
Jaarvlak 1
• Vir beginners: PTG 101
• Portugese taal en kultuur (vir studente wat Portugees in Gr 12 geslaag het): PTG 113,123

Jaarvlak 2
PTG 211,221

Jaarvlak 3
PTG 311,321

Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.

  1. Studente wat ’n graadprogram in Engels volg: Die NSC Graad 12-Engelspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (ALL 110 en ALL 125 in Engels) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat 'n 4 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  • Eerste Addisionele Taal: Studente wat ’n 5 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  1. Studente wat ’n graadprogram in Afrikaans volg: Die NSC Graad 12-Afrikaanspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (VAG 110 en VAG 125 in Afrikaans) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat ’n 4 of laer behaal het, registreer vir VAG 110 en VAG 125.

Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:

Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I) 
ENG 120 Introduction to literature in English (II) 
ENG 118 English for specific purposes 

Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I) 

Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta 
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners 
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners 
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.

Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners 
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners 
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners 
PTG 101 Portugees vir beginners

Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus 
LAT 110 Latyn 
GRK 110 Grieks 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences