Code | Faculty |
---|---|
01250432 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 240 |
Prof N Coetzee [email protected] | +27 (0)124203111 |
Hierdie program verskaf geïntegreerde professionele en akademiese opleiding wat die kandidaat toerus om as ’n spesialisnavorser op te tree. Die kandidaat kan ook by die Professionele Raad vir Sielkunde van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aansoek doen om registrasie as navorsingsielkundige. Sodanige registrasie is onder-hewig aan die bepalings van die Professionele Raad vir Sielkunde ten tye van registrasie.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 31 Mei.
Die graad behels twee jaar voltydse studie; 50% van die program bestaan uit gedoseerde werk en 50% uit ’n navorsingskomponent.
A. Teoretiese gedeelte
’n Kernkurrikulum van gedoseerde werk moet gevolg en geslaag word.
B. Miniverhandeling (NSK 895)
’n Miniverhandeling oor ’n toepaslike onderwerp wat deur die departementshoof en die Nagraadse en Navorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe goedgekeur is, moet geslaag word alvorens die MA-graad in Navorsingsielkunde toegeken word. ’n Slaagpunt van minstens 50% moet behaal word. ’n Konsepartikel vir publikasie in ’n goedgekeurde wetenskaplike joernaal moet saam met die voltooide miniverhandeling ingedien word
- BSocSciHons of BAHons in Sielkunde of ekwivalente kwalifikasie wat geakkrediteer is by die Raad vir Hoër Onderwys.
Assesserings
Vereistes om na jaar II van die program te vorder
Vereistes om na die internskap te vorder
.
'n Student slaag ’n module met lof wanneer 'n finale punt van 75% behaal word.
Professionele wangedrag
Navrae ten opsigte van moontlike professionele wangedrag binne die program
Indien dit voorkom of ’n student enige professionele reël, regulasie of kode van die RGBSA verbreek, kan daardie student versoek word om voor die uitvoerende bestuur van die Departement Sielkunde te verskyn. Hierdie komitee sal bepaal of die saak na die RGBSA verwys moet word vir verdere ondersoek.
Opskorting van deelname aan die program
Die dekaan mag, op aanbeveling van die hoof van die Departement Sielkunde, ’n ondersoek las na die bevoegdheid van 'n student om te as 'n sielkundige te praktiseer. ’n Moontlike uitkoms van so ’n ondersoek sluit in, maar is nie beperk nie tot die opskorting van die student se studies gedurende die akademiese jaar. Hierdie besluit sal oorweeg word deur 'n paneel in die departement en verskeie aspekte, soos die student se vordering en gedrag, sal in aanmerking geneem word. Die student sal ook die geleentheid gegun word om op die aantygings te reageer.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App