Jaarboeke

Program: M Veiligheidstudies Gedoseer

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250404 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Mr RD Henwood
[email protected]
+27 (0)124202687

Toelatingsvereistes

- ’n Honneursgraad met Politieke Wetenskappe of direk verwante rigtings (’n verwante universiteitsgraad en voldoende relevante werksondervinding op veiligheidsgebied met Senaatsgoedkeuring).

- ’n Gemiddeld van 65% in hierdie graad word vir toelating tot hierdie program vereis.
 

 

Addisionele vereistes

• Daar kan van voornemende studente vereis word om ’n toelatingsopstel in te dien of ’n eksamen af te lê of om ontbrekende werk/modules te voltooi ten einde die vereiste vlak van studie te bereik.

• ’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Engels word vereis.

Ander programspesifieke inligting

• Ten minste twee modules moet gedurende die eerste studiejaar geneem word.

• Studente mag, met die goedkeuring van die programbestuuder, hoogstens een module vervang met ’n geskikte module van gelyke kredietwaarde uit ’n ander dissipline.

• Hierdie program word nie deur telematiese of afstandsonderrig aangebied nie.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences