Jaarboeke

Program: MA Toegepaste Taalstudie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250206 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 240
Contact:
Prof HJ Bosman
[email protected]
+27 (0)124203111

Toelatingsvereistes

- 'n Honneursgraad in ’n taal, die linguistiek of ’n taalverwante dissipline met ’n kredietwaarde van ten minste 120 krediete of

- 'n Ander erkende honneursgraad ter waarde van 120 krediete.
 

 

Addisionele vereistes

Modules ter waarde van ten minste 20 krediete in linguistiek op voorgraadse vlak en/of ’n slaagpunt in LCC 710 word vereis. Indien ’n student nie aan hierdie voorvereiste voldoen nie, moet LCC 710 in die eerste jaar van die magisterstudie bykomend gevolg word.

Daar kan van voornemende studente verwag word om ’n tentamen af te lê, of om addisionele modules te voltooi ten einde die vereiste vlak van kennis en vaardigheid te bereik.

Studente wat nie oor die vereiste vlak van taalvaardigheid in Engels beskik nie, moet ’n addisionele module, TTS 751 Akademiese skryfvaardigheid, neem.

’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Afrikaans of Engels is ’n vereiste.

’n Goedgekeurde navorsingsvoorstel word vereis.

Ander programspesifieke inligting

 

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences