Jaarboeke

Program: MA Argeologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250181 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 240
Contact:
Dr A Antonites
[email protected]
+27 (0)124206490
Prof I Pikirayi
[email protected]
+27 (0)124204661

Programinligting

• Die studie moet binne vier jaar na eerste registrasie vir die graad voltooi word. Die verhandeling bestaan uit ongeveer 30 000-50 000 woorde en is gebaseer op ’n navorsingsvoorstel goedgekeur deur die Fakulteit Geesteswetenskappe se Nagraadse en Navorsingsetiekkomitee. (Kyk die vereiste vir die voorbereidende jaar).

• Die volgende word ook van studente verwag: (a) om een uitreik-aktiwiteit vir elke semester wat hulle geregistreer is te doen; (b) om aan die departementele seminaarreeks deel te neem; en (c) om ’n museumuitstalling van hul verhandelingsnavorsing te maak; en (d) aan die einde van hul studie ’n artikel, gebaseer op hul navorsing, by ’n geakkrediteerde joernaal in te dien.

• Studente moet voor die einde van die magisterprogram minstens agt weke se veldwerk voltooi en moet vaardigheid oor basiese en intermediêre veldwerktegnieke toon.

Toelatingsvereistes

’n Honneursgraad in Argeologie of verwante dissipline met minstens 60%. In konsultasie met die departementshoof kan daar van aansoekers met minder as 60% en wat die baccalaureusgraad by ’n ander tersiêre instansie verwerf het verwag word om ’n toelatingseksamen tot die bevrediging van die programbestuurder te voltooi.

 

 

Addisionele vereistes

Studente wat nie die oor die vereiste vlak van taalvaardigheid in Engels beskik nie, moet ’n addisionele module (TTS 751 Akademiese skryfvaardigheid) neem.

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences