Programinligting
Die spesialiseringsgebiede sluit in:
i) Antiekekultuurstudie
ii) Bybelse Tale
iii) Klassieke Tale
iv) Grieks
v) Latyn
vi) Semitiese Tale
Toelatingsvereistes
'n Nasionale eerste kwalifikasie (BA-graad) met minstens 360 krediete.
Addisionele vereistes
- Studente wat geregistreer is vir ’n vierjarige graad, mag in hul finale jaar van studie toegelaat word mits die ekwivalent van 360 krediete reeds verwerf is, waarvan ten minste 120 krediete op derdejaarsvlak moet wees. In hierdie geval sal die BAHons in Antieketaal- en -kultuurstudie slegs toegeken word nadat die student aan al die vereistes vir die vierjarige graad voldoen het.
- UP-gegradueerdes: Minstens 94 krediete in enige van die spesialiseringsgebiede wat in die Departement Antieke Tale en Kulture aangebied word. Minstens 30 krediete moet op jaarvlak 3 wees.
- Gegradueerdes van ander universiteite: Daar kan van sodanige studente vereis word om ’n toelatingseksamen in hul gekose studieveld ter bevrediging van die departementshoof te slaag, voordat hulle toegelaat sal word om vir die program te registreer.
- ’n Gemiddelde van minstens 60% op jaarvlak 3 in enige van die dissiplines hieronder vermeld. Studente wat ’n BA of gelykwaardige kwalifikasie verwerf het, maar nie een van die ondergenoemde tale as hoofvak geslaag het nie, sal slegs toegelaat word om in Antiekekultuurstudie te spesialiseer. Indien nodig, kan die departementshoof ook vereis dat ten minste ’n basiese kennis van een of meer van die relevante tale verwerf word.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App