Jaarboeke

Program: DMus Komposisie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01262003 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 480
Contact:
Prof AF Johnson
[email protected]
+27 (0)124202316

Programinligting

Die program is toegespits op komposisie. Die graad word ook toegeken vir oorspronklike skeppingswerk.

Toelatingsvereistes

Toelatingsvereistes:

Minstens 65% vir die verhandeling in die verwante magistergraadprogram wat met die spesifieke doktorsgraadprogram artikuleer. Kandidate moet ook ’n komposisie-portefeulje vir evaluering voorlê voor toelating tot die program.

Bykomende vereiste:
’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Afrikaans of Engels word vereis.
Hoof kurrikuluminligting:

Studente vir ’n DPhil- DLitt- of PhD-graad moet:

(i) ‘n goedgekeurde navorsingsvoorstel indien voor registrasie vir ‘n bepaalde graadrigting. Indien die voorstel nog nie goedgekeur is nie registreer ‘n student vir die Doktoraal Voorbereidend (Kode: 01283000). Die interimregistrasie van maksimum een jaar word na volle registrasie vir die spesifieke doktorale studie omgeskakel sodra die navorsingsvoorstel deur die departementele navorsingskomitee goedgekeur is;

(ii) ‘n navorsingsvoorstel in die jaar van interimregistrasie indien wat handel oor ‘n toepaslike navorsingsonderwerp wat deur die departementshoof van die departement waar die studie onderneem word goedgekeur is. Die navorsingsvoorstel vir die proefskrif moet deur die departementele navorsingskomitee goedgekeur word en by die Nagraadse en Navorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe ingedien word vir finale goedkeuring alvorens met die navorsing voortgegaan kan word;

(iii) ‘n proefskrif oor die goedgekeurde navorsingsonderwerp vir eksaminering indien;

(iv) ‘n mondelinge doktorale eksamen slaag alvorens die graad toegeken sal word. Die doktorale eksamen wat ook die formaat van ‘n verdediging van die proefskrif of seminaar kan aanneem word voor ‘n paneel eksaminatore gedoen wat deur die Dekaan in oorleg met die departementshoof studieleier en navorsingskoördineerder aangestel word.

Addisionele vereistes

’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Afrikaans of Engels word vereis.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences