Modulekode | JMB 124 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Die module stel die student in staat om deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en fisiese ontwikkeling bevorder. Kreatiewe beweging op die maat van musiek om ritme en danspatrone te bevorder is deel van die verskillende maniere wat 'n leerder gebruik om verskillende liggaamsdele te ontdek. Verskillende motoriese ontwikkeling word ondersoek- motoriese vaardighede, liggaamsbewustheid en perseptueel-motoriese vaardighede. Bewegingsvaardighede in vroeë kinderontwikkeling gebruik 'n kombinasie van liggaamsdele om te beweeg, draai, swaai en te balanseer met of sonder apparaat. Die klem word gelê op ruimtelike orientasie, kinetiese persepsie, spierkrag en stamina. Dit sluit in die gooi, slaan, vang, rol en hop van balle of soortgelyke apparaat. Bewegingsaktiwiteite sluit ook speletjies in wat hardloop, jaag en koes bevorder. |
Modulekrediete | 6.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Vroeë Kinderonderwys |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App