Jaarboeke

Program: BEdHons Tegnologie-onderwys

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09240004 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 128

Toelatingsvereistes

? Baccalaureusgraad en ? onderwysdiploma/Nagraadse Sertifikaat in Onderwys (bv. BA + HOD); of

• ? Vierjarige onderwysgerigte graad (bv. BEd, BAEd); of

• ? M+4 toepaslike onderwysdiploma, onderhewig aan spesifieke goedkeuring; of

• ‘n Toepaslike Gevorderde Diploma in Onderwys; of

• ? Ander toepaslike akademiese kwalifikasie en toepaslike vorige leerevaringe wat volgens die oordeel van die Dekaan toelating tot ? bepaalde pakket regverdig.

Addisionele vereistes

Selection is based on:

  • Meeting the minimum academic requirements required for admission;
  • Previous academic performance;
  • Applicable academic and/or teaching background;
  • Availability of supervision for the required research project;
  • Proven academic potential which may include academic communication and computer application skills;
  • Additionally, an interview may be requested;
  • The requirements of professional registration bodies;
  • The discretion of the head of department.

Eksamens en slaagvereistes

Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.

'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen.

Navorsing

'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering.

Slaag met lof

Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences