Jaarboeke

Program: PhD Philosophiae Doctor

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09261600 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 360

Programinligting

Studente kan uit een van die volgende fokusareas kies:

Wetenskap-, wiskunde en tegnologie-onderwys

Geesteswetenskaplike opvoedkunde

Vroeë kinderonderwys

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan ’n student wat oor ’n MEd-graad beskik of ’n ander kwalifikasie wat deur die Dekaan as gelykstaande hieraan beskou word tot die PhD-graadstudie in Opvoedkunde toegelaat word.
  • ’n Minimum van 60% behaal in die magisterverhandeling is ’n voorvereiste vir toelating.

 

Navorsing

'n Student vir die PhD-graad moet:

  • tydens die eerste jaar van registrasie 'n navorsingsvoorstel indien en suksesvol verdedig voor 'n eksamineringspaneel wat deur die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, promotor en navorsingskoördineerder aangewys word, alvorens daar met die navorsing 'n aanvang geneem kan word;
  • by die departementshoof en Etiekkomitee om etiese klaring aansoek doen en slegs met veldwerk begin wanneer die aansoek om etiese klaring deur die Etiekkomitee goedgekeur is;
  • jaarliks ’n vorderingsverslag oor die navorsing aan die promotor voorlê. Voortgesette herregistrasie is onderworpe aan bevredigende jaarlikse vordering;
  • alle navorsingskapasiteitsontwikkelingsessies oor kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing op doktorale vlak bywoon;
  • 'n proefskrif vir eksaminering voorlê wat handel oor ’n onderwerp wat deur die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof goedgekeur is, en haar/sy proefskrif tydens ’n mondelinge eksamen suksesvol verdedig;
  • ’n bewys uitgereik deur ’n geakkrediteerde joernaal ten opsigte van ’n konsepartikel indien. Die bewys en ’n kopié van die konsepartikel moet voor 15 Februarie vir die Herfspromosieplegtighede en voor 15 Julie vir die Lentepromosieplegtighede by die Studenteadministrasie ingedien word, by gebreke waarvan die graad eers by ’n daaropvolgende reeks plegtighede toegeken sal word;
  • Benewens die bogenoemde eksemplare van die proefskrif, moet elke suksesvolle student een gebinde papier-eksemplaar en twee elektroniese kopieë van die goedgekeurde proefskrif by die Hoof: Studenteadministrasie indien in die formaat soos deur die Fakulteit gespesifiseer en in ooreenstemming met die minimum spesifikasies wat deur die departement Biblioteekdienste gestel is, voor 15 Februarie vir die Herfspromosieplegtighede en voor 15 Julie vir die Lentepromosieplegtighede by gebreke waarvan die graad nie toegeken sal word nie. Die spesifikasie is beskikbaar by: http://upetd.up.ac.za/authors/publish/standards.htm#specs.

Algemene riglyne vir die formaat, indiening en verdediging van die navorsingsvoorstel sal deur die betrokke departementshoof beskikbaar gestel word.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences