Code | Faculty |
---|---|
12255000 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
Die MSc-graad word toegeken op grond van ’n verhandeling asook addisionele nagraadse kursuswerk wat voorgeskryf kan word.
’n Student werk onder leiding van ’n studieleier en moet ’n navorsingsprojek identifiseer en voltooi. Daar moet ten volle verslag gedoen word oor die navorsingsresultate in ’n MSc-verhandeling.
Verwys na G Regulasies G.30 tot G.40 en G.54
Behoudens die bepalings van Algemene Regulasies G.1.3 G.30 en G.62 word ’n toegepaste BScHons- of ekwivalente graad vereis vir toelating. ’n Gemiddelde van 65% word ook vereis vir die modules wat geslaag is in die honneursgraad. Addisionele vereistes en voorwaardes kan deur die Dekaan op aanbeveling van die studieleier en die Departementshoof goedgekeur word.
As die studieleier bevestig dat die kandidaat bevredigend gevorder het, mag registrasie vir die tweede jaar (voltyds) of vir die tweede tot vierde jaar (deeltyds) hernu word. Herregistrasie daarna sal slegs plaasvind as ’n geskrewe motivering vanaf die kandidaat, gesteun deur die hoof van die departement, ingedien word by die studenteadministrasiekantoor.
Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke studieleier/promotor, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met die indiening van die verhandeling ten minste een konsepartikel vir publikasie in ‘n erkende akademiese joernaal, en, in die geval van ‘n proefskrif, ‘n bewys uitgereik deur ‘n geakkrediteerde joernaal dat ‘n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien.
Die konsepartikel of die artikel wat ingedien is, na gelang van die geval, moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die verhandeling/proefskrif gedoen het en moet deur die studieleier/promotor goedgekeur wees, indien die studieleier nie ‘n medeskrywer is nie.
Die studieleier/promotor sal verantwoordelik wees daarvoor om toe te sien dat die artikel deur die prosesse van hersiening en hervoorlegging gaan, soos nodig mag wees. Die toekenning van die graad kan onderhewig gestel word aan die nakoming van die voorskrifte van hierdie regulasie. Sien ook die G Regulasies.
Die MSc-graad word met lof toegeken aan ’n kandidaat wat ’n finale gemiddelde van ten minste 75% behaal.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App